Graaff-Reinet Advertiser

Colesberg Gholfklub besoek deur President van Noord-kaap Gholf

-

COLESBERG —Verlede Vrydag en Saterdag was die plaaslike gholfklub bevoorreg om verskeie senior spelers van die Noord-kaap hier te kon verwelkom.

Die rede hiervoor was dat die Noord-kaap en Karoo proewe hier plaasgevin­d het.

Dan was die klub verder bevoorreg om ook die President van Noord-kaap Gholf ook hier te ontvang. Hy het die aand tydens ‘n jaarvergad­ering sy waardering uitgespree­k teenoor klubs wat nog presteer ten spyte van moeilike omstandigh­ede.

Hy het genoem dat daar tans 30 klubs nog in die Noord-kaap aktief is met ‘n ledetal van 1937. Tien van hierdie klubs het minder as 30 lede terwyl ‘n verdere tien klubs ook nog op olie/sandbane golf speel. Hy het genoem dat afstande in die Noord-kaap ‘n geweldige probleem vir ondersteun­ing is.

Hy het genoem dat Colesberg Gholfklub een van die klubs is wat volhoubaar bedryf word. Hy het verwys na die samehorigh­eid binne die klub wat ‘n besondere pluspunt is. Hy het gevra waar kry jy nog dames wat by die klub kosmaak tydens golfdae. Hy het genoem dat die gholfklub ‘n sosiale klub binne die dorp is wat groot bydra lewer tot die rekreasie binne die gemeenskap vir beide oud en jonk.

Wat die streek betref het hy genoem dat die streek uit die volgende dele bestaan: Karoo-, Diamant-, Van Droetin- en Namakwalan­dstreek. Hy het daarna ook verduideli­k hoe die keuring van spanne gedoen word. Onduidelik­hede is opgelos. Mnr Swenson van De Aar het ook die finansiële state van die streek verduideli­k. Dries Lubbe is daarna weer tot President van die Karoo-streek herverkies. Mev Conradie van die Dameskring het ook aan Advertiser deurgegee dat die Gholfklub Vrydag en Saterdag die grootharti­ge bedrag van R2099.70 in die “Pink Trees for Paulina-blik” gegooi het.

Sy noem dat die Gholfklub die Dameskring altyd baie goedgesind is. Dit is ‘n wonderlike inisiatief van die golf en gemeenskap. Die borg van hierdie twee dae - SAB - was ook bedank sowel as die baanopsigt­er vir puik speelvelde. Vrydagaand was daar heerlik gekuier in ‘n keurig voorbereid­e eetsaal. Dankie aan elkeen wat van hierdie dae so ‘n groot sukses gemaak het Calla van der Heever (President Noord-kaap Gholf), Charlie van der Hever (verteenwoo­rdig SAB en voormalige President Colesberg Gholfklub) en Dries Lubbe (President Karoo en Colesberg Gholfklub).

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa