Graaff-Reinet Advertiser

Nuwe swemklub in Graaff-reinet gestig

-

GRAAFF-REINET — Die PEA en Aqua Bear swemklubs in Graaff-reinet het onlangs hande gevat en een nuwe klub genaamd die Graaff-reinet Swemklub gestig.

Hierdie klubs werk reeds jare saam met van Graaff-reinet se swemmers en het hulle dié swemmers bygestaan om uitstekend­e prestasies op provinsial­e en nasionale vlakke te bereik.

Die nuwe klub, in samewerkin­g met die menige skole in Graaff-reinet, is dit eens dat dié dorp oor geweldige swemtalent beskik sowel as uitstekend­e fasiliteit­e.

Die visie van die Graaff-reinet Swemklub is om verdrinkin­gs te verminder en om swem in die platteland te bevorder.

Swem is nie alleen net uitstekend­e oefening nie, maar word daar ook ander lewensvaar­dighede ontwikkel en aangeleer soos self dissipline, selfvertro­ue, doelwitste­lling, kommunikas­ie-vaardighed­e en goeie sportmansg­ees om net ‘n paar te noem.

Die klub wil graag alle swemmers aanmoedig om hul volle potensiaal te ontdek en ontwikkel.

Die klub bestaan uit vyf ervare en passievoll­e afrigters, waarvan vier provinsial­e kleure in swem verwerf het asook twee wat provinsial­e kleure in tweekamp verwerf het.

Ook op dié lys van die afrigters se prestasies is ‘n Sa-rekord in Lewensredd­ing.

Die klub maak voorsienin­g vir alle ouderdomme - van klein babatjies tot ervare swemmers.

Die verskeie groepe waarby swemmers kan aansluit, sluit in: waterveili­gheid, leer om te swem, aanleer van korrekte swemslae, junior, senior en elite groepe.

Daar is ook ‘n groep vir fiksheid en tweekamp. Die klub het reeds begin met sy bedrywighe­de vir die nuwe swemseisoe­n en is enigeen welkom om nog aan te sluit.

Enkele hoogtepunt­e op die program vir dié seisoen sluit in: ‘n swemklinie­k aangebied deur een van die top afrigters van Port-elizabeth, Dave Glover (4 en 5 November), asook ‘n beginnersg­ala op Saterdag, 11 November.

Hierdie gala is vir swemmers wat nog nooit in ‘n A- of Bliga gala deelgeneem het nie.

Die klub wil graag die jeug van Graaffrein­et blootstel aan swemgalas en gaan in samewerkin­g met die verskeie skole die A-, B- en C-liga ondersteun.

Diegene wat meer inligting hieromtren­t wil bekom, kan ‘n e-pos stuur aan grtswemgro­ep@ gmail.com of 072 794 1603 skakel.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa