Graaff-Reinet Advertiser

Die einde van ’n era breek aan vir NG Nuwekerk

-

GRAAFF-REINET — Op Sondag, 26 November, sluit die NG Nuwekerk ‘n era van 90 geseënde jare af met ‘n afsluiting­s-erediens in die Nuwekerk-gebou.

Die erediens vind plaas om 09:30. Alle oud-gemeentele­de, ook diegene wat tans ingeskakel is by ander Christelik­e kerke, word hartlik uitgenooi om te kom deel in hierdie historiese oomblik..

Al die oud-leraars van die NG Nuwekerk is uitgenooi na hierdie erediens en hulle sal elkeen ‘n rol en funksie vervul tydens dié spesiale geleenthei­d. Nagmaal sal ook bedien word. Die kerk se gemeente wil graag van hierdie geleenthei­d gebruik maak om die Here te dank vir 90 geseënde jare in die NG Nuwekerk.

Die dorp se twee Ng-gemeentes smelt saam en word een gemeente met die aanvang van die nuwe jaar.

Die eerste erediens van die eengeworde gemeente vind plaas op Sondag, 21 Januarie, in die NG Grootkerk.

Die leiers van dié twee Ng-gemeentes glo dat hierdie groot stap die gemeenskap van Graaff-reinet se goedkeurin­g wegdra en so ook ‘n Christelik­e voorbeeld stel vir instansies en skole in Graaff-reinet om ook hande saam te vat.

Almal wat belang het by hierdie groot geleenthei­d word hartlik uitgenooi om dit by te woon.

Everybody, including those individual­s from the English speaking church community who have an interest in this process, is welcome to attend this church service at the NG Nuwekerk on November 26 at 09:30.

Navrae kan gerig word aan die NG Nuwekerk-kantoor by 049 892 3460. Die leraar van die NG Nuwekerk, Dr Trix Truter, kan ook geskakel word by 049 892 3165.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa