Graaff-Reinet Advertiser

Middelburg ACVV hou AJV

-

MIDDELBURG — Die Middelburg ACVV het op

10 Oktober hul algemene jaarvergad­ering gehou. Huis Karee en Bennie Boekwurm Speelskool is diensverta­kkings van die ACVV.

Die ACVV se voorsitter, Me Y van der Walt het almal welkom geheet met spesiale dank aan die Departemen­t Maatskapli­ke Dienste en ACVV se streeksbes­tuurder Me L van Zyl, wat die vergaderin­g bygewoon het.

Pastoor Nico Luther van die AGS Lux Dei-gemeente het met skriflesin­g en gebed geopen waarna daar ʼn ysbrekertj­ie deur Rita Nienaber gelewer is. Sy het ʼn getroue weergawe gelees van hoe die Nama-stam die ‘Onse Vader’ interprete­er asook ʼn brief van ʼn Nama moeder aan die Here oor haar kind. Daarna het Van der Walt die voorsitter­sverslag voorgehou. Die ACVV se streeksbes­tuurder, Me L van Zyl, het die Visie en Missie van die ACVV met die vergaderin­g gedeel. Sy het die kantoor se verslag van die afgelope jaar se beproewing­e, uitdagings en hoogtepunt­e gelees.

Me A de Lange het daarna die Bennie Boekwurm Speelskool se jaarversla­g gelewer. Me I van der Walt het Huis Karee se verslag ook voorgehou.

Mollie Stassen het met ʼn kort gedagte oor “Wat het jy vandag gedoen?” en gebed afgesluit. Daarna was daar heerlike verversing­s aangebied wat deur die personeel van Huis Karee en die ACVV voorberei is. Na ʼn baie suksesvoll­e 2017 jaarvergad­ering wil die ACVV en diensverta­kkings almal wat die vergaderin­g bygewoon het asook die gemeenskap bedank vir hulle ondersteun­ing.

 ??  ??
 ??  ?? The winners of the Middelburg Bowls Club Men’s Drawn Trips 2017 is the team of Johan van Onselen, Don Watt-pringle and Neil Miller. Runners-up were Steve Vorster, Willie van Heerden and Lionel Torr.
The winners of the Middelburg Bowls Club Men’s Drawn Trips 2017 is the team of Johan van Onselen, Don Watt-pringle and Neil Miller. Runners-up were Steve Vorster, Willie van Heerden and Lionel Torr.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa