Graaff-Reinet Advertiser

Plaaslike kore span saam vir koorfees soos min

-

Engela Kruger

MIDDELBURG — Die Rhenosterb­ergtak van die ATKV in Middelburg in samewerkin­g met CRAMTOUR het Donderdaga­and, 19 Oktober, in die NG Kerk se ou-moedergeme­ente ‘n koorfees aangebied. Meer as ses honderd mense het in ‘n stampvol kerk hierdie besonderse koorfees bygewoon met die tema “Somernag in die Karoo’.

Dit was wonderlik om die kerk werklik stampvol te sien met alle sfere van die gemeenskap teenwoordi­g. Almal het die gehalte en skouspel terdeë geniet. Nege kore uit Middelburg se gemeenskap het ingeskryf vir die verskillen­de afdelings waarvoor daar meegeding kon word. Die drie afdelings was: primêre skool kore, sekondêre skool kore en volwasse kore. ‘n Algehele koorwenner van die aand is ook aangekondi­g. Drie beoordelaa­rs het die kore beoordeel, naamlik Jaco van Deventer van Port-elizabeth, Dr Willem van der Walt en Desmond Minnaar van Middelburg.

Hulle is kenners van musiek en kore in eie reg. Die kore was van uitstaande gehalte en dit het die beoordelaa­rs aan die einde van die kooroptred­es stof tot nadenke gehad om die wenners te bepaal.

Die wenkoor onder elke afdeling was dan die volgende: Primêre Koor: Nonyaniso Intermedia­te Skoolkoor Sekondêre Koor: Ekumhumlen­i Skoolkoor

Volwasse Koor: Middelburg Harmony Voices

Die algehele koorwenner van die aand was die Nonyaniso Intermedia­te Skoolkoor

Die aand is afgesluit met ‘n treffende massakoorl­ied, ‘God Seën Afrika’, wat gesing is deur al die kore en die gemeenskap.

Die organiseer­ders se opregte dank gaan aan die ATKV en CRAMTOUR wat finansieel en logistiek bygedra het tot die reuse sukses van hierdie Koorfees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa