Graaff-Reinet Advertiser

JP Vorster (36) sterf tragies

-

COLESBERG — Een van die Hoërskool Colesberg se voormalige hoofseuns, JP Vorster, is Maandagaan­d, 16 Oktober, in die Kimberley-hospitaal oorlede.

Hy het op 10 September hulp verleen om ‘n brand wat tussen die N9- en die N1-roete uitgebreek het, te blus.

Na wat verneem word het JP Vorster van die bakkie geval en in die vuur beland.

Hy het ernstige brandwonde opgedoen en is na die hospitaal op Colesberg geneem waar hy gestabilis­eer is.

Net sy borskas en voete het nie gebrand nie. Hy het ongeveer 70% brandwonde aan sy lyf opgedoen.

Hy is dieselfde dag per ambulans na die Kimberley hospitaal oorgeplaas waar hy in die brandeenhe­id behandel is.

Volgens sy broer Fanie het hulle in Kimberley vasgestel dat hy ‘n diabeet is en dat dit sy behandelin­g bemoeilik. Weens die gevaar van infeksies was sy gesin net vir kort rukkies by hom toegelaat.

Hy het swelling aan sy nek gehad terwyl van sy organe ook probleme gegee het.

Hy was in ‘n uiters kritieke toestand en opdatering van sy toestand is deurgaans op sosiale media aan die gemeenskap verskaf.

JP en sy vrou Denise is op 15 April die jaar getroud en het een dogter, Leandi (2).

Ten tyde van die brand was hy ‘n gasteplaas­bestuurder by die Safari Parkwildpl­aas buite Colesberg.

Die gemeenskap en veral die boeregemee­nskap wil hiermee hul innige meegevoel met hierdie groot verlies aan sy gesin en familie betuig.

Hy het met sy lewe geboet om ander in nood te help. ‘n Nadoodse ondersoek gaan uitgevoer word om vas te stel wat tot sy dood aanleiding gegee het. Sy troosdiens gaan Saterdag, 28 Oktober, om 12:00 in die NG Kerk Colesberg, plaasvind.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa