Graaff-Reinet Advertiser

AGS van SA susters tiende jaarlikse “High Tea” reuse sukses

-

COLESBERG — Saterdag, 21 Oktober, was dit vir die susters van die AGS Van SA Colesberg, ‘n besondere eer en voorreg om vir Barneace Slabbert (sy het ‘n christelik­e sangbedien­ing) van Port-elizabeth, as gasspreker by die tiende “High Tea” van die gemeente te kon verwelkom.

Die dames is getrakteer met heerlike verversing­s en spog tee-tafels. Die gasvrouens het hulle goed van hul taak gekwyt. Die tema vir hierdie dag was “Dans in die reën”. En soos Barneace opgemerk het, “hier heers ‘n Goddelike atmosfeer”. Nadat sy aan die gaste die trauma en seer van haar verlede vertel het het sy met die lied “Bly staan” begin. Die strekking van haar boodskap aan die ongeveer 150 dames was in die vorm van ‘n vraag: Afgesien van jou storm, hetsy geestelik, liggaamlik, die negatiewe diagnose van ‘n geneesheer, ‘n egskeiding of finansiële probleme, sal jy nog deur alles kan dans in die reën? Is daar nog ‘n Iemand in jou lewe wat hoop verskaf?

Sy het daarna liedere soos – “What a friend I have in Jesus”; “Master of the wind” asook ‘n spesiale lied vir een van die dames in die gehoor wat die verlies van ‘n kind ervaar het – “One day at a time”gesing.

Sy het ‘n boodskap van hoop gebring. Dat ons moet vashou aan Jesus, ons anker, as die storms woed. Sy het afgesluit met die immergroen “You raise me up”.

Hierdie byeenkoms was oor al die grense heen bygewoon en die 15 gasvroue is geloof vir hul samewerkin­g.

Die tafels was versier in pienk, duifgrys en blou en ‘n gewyde atmosfeer het geheers. Die saamwees en hoop wat gevestig is tydens hierdie geleenthei­d, kan gesien word as helende pleisters vir moontlike baie onsigbare seer in mense se lewens. Dankie aan Barneace en Eve, die gasvroue en elke dame wat die geleenthei­d bygewoon het.

Dankie ook aan Piet en Riana Venter vir jul gasvryheid en elkeen wat bygedra het tot hierdie pragtige dag.

 ??  ?? Barnease Slabbert (middel voor) met van die gaste.
Barnease Slabbert (middel voor) met van die gaste.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa