Graaff-Reinet Advertiser

Stap deur dorp maak ‘n indruk

-

COLESBERG — Terwyl gemeenskap­slede, verbonde aan Badisa en Colesberg Rotariërs, Saterdag, 14 Oktober, agterme kaar en doodstil deur Colesberg en Lowryville se strate geloop het, het dit beslis ‘n indruk op ander mense gehad.

Hierdie jong mense het hul teenkantin­g teen een van die vinnigste groeiende georganise­erde

misdade ter wêreld, naamlik mensehande­l/ slawerny, op besondere wyse getoon en daarmee gesê “Stop daarmee!”.

Dit is ‘n nie-winsgewend­e organisasi­e wat hierdie boodskap dryf met 12 kantore in 11

lande. Kaapstad is die enigste Afrika-land wat oor een van hierdie ka ntore beskik. Hierdie organisasi­e is van mening dat veranderin­g wel moontlik is en stel dit ten doel om nie te stop alvorens almal vry daarvan is nie. Van die kantore se fokus is op voorkoming en ander rehabilita­sie en nasorg.

Met hierdie pogings streef hulle om die mees kwesbare mense van ons samelewing betyds te

bereik, voorkoming­smaatreëls daar te stel en om slagoffers van regoor die wêreld in hul menswees te herstel.

Dit is dan ook hul doel om die misdadige element aan die kaak te stel sodat diesulkes voor die howe gebring kan word.

Kom ons as gemeenskap sterk hierdie organisasi­e se hande deur betrokke te raak in ons gemeenskap en verdagte gevalle aan hulle deur te gee.

 ??  ?? Colesberge­rs neem deel aan die ‘Walk for Freedom’-veldtog.
Colesberge­rs neem deel aan die ‘Walk for Freedom’-veldtog.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa