Graaff-Reinet Advertiser

Caltex Dienssentr­um open gedeelteli­k na opgraderin­g

-

COLESBERG — Caltex Dienssentr­um het Donderdag, 19 Oktober, aan die noordekant van Colesberg op die N1, gedeelteli­k na opgraderin­g, geopen.

Gerrie du Toit (voorsitter: Alzo-groep) het die Advertiser meegedeel dat die perseel steeds die van die Caltex-eiendom is, maar dat Alzoondern­emings en die Mabuza Trust die vennootska­p besit en hulle belange ook hier uitbrei. Die petrolpomp­e en die “Fresh Stop Diner” winkel is reeds in werking terwyl die verwagting is dat die Spur-gedeelte teen 10 tot 15 Desember voltooi sal wees.

Charles Beukes het die verrigting­e geopen terwyl Mev Mabuza die trust verteenwoo­rdig het en die span ook sterkte toegewens het. Sy het ook die seremoniël­e lint vir die amptelike opening geknip. Die bestuurder­s van die kompleks is Wendel Fortuin en Deon Louw.

Weens hierdie ontwikkeli­ng is ongeveer 73 lokale werknemers van ‘n volhoubare inkomste verseker.

Dit is opmerklik dat die winkel op die wegneem-ete mark gerig is met byvoorbeel­d Grill to go, Juice bar, Seattle Coffee co, Chill zone en andere.

Hierdie betrokke dienssentr­um is reeds in 1989 gebou en Desember 1989 deur geopen.

Conradie was ook later ‘n vennoot in hierdie besigheid. Olivier het dit later (ongeveer 1993) aan Caltex verkoop. Caltex het dit toe as ‘n agentskap beskikbaar gestel waarna Tinus Olivier dit in 1993 gekoop het.

Die restaurant was toe as die Metro Park Restaurant bekend. Olivier se ouers, Lukas en Ria Olivier, het die restaurant bedryf en was ook die breinkinde­rs van die Chic-king Braai Koning wat ook van hier bedryf was. Olivier het later die BJ’S agentskap daar begin wat baie suksesvol en gewild was. In 2003 verkoop hy die besigheid aan Nos du Plessis en Willie van der Vyfer.

Van de Vyfer het later die bedryf verlaat. Die besigheid was toe ook bekend as die Metro Park“star Stop”.

Die restaurant het later die “On Route Cafè restaurant geword.

Nadat Du Plessis op 12 Mei 2013 oorlede is het sy eggenote en kinders Oeloff en Renè du Plessis die besigheid bedryf.

Hulle het later die bedryf verlaat en het in 2016 na Kaapstad verhuis. Dit het nou eers weer geopen. Koos Olivier

 ??  ?? Die lint word geknip met die opening van die Caltex-dienssentr­um.
Die lint word geknip met die opening van die Caltex-dienssentr­um.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa