Graaff-Reinet Advertiser

Meiringspo­ort-wedlope lok atlete van Graaff-reinet

-

GRAAFF-REINET — Die 25ste agtereenvo­lgende Meiringspo­ort 12,5 km en 21,1 km pretdraf en halfmarath­on het Saterdag, 14 Oktober, 3 100 atlete van regoor die land gelok.

Onder dié was daar ‘n klompie van Graaff-reinet en omstreke ook.

Tradisione­el is die atlete reeds vanaf 04:30 die oggend met verskeie volstruist­rokke van die NG Kerk De Rust se gronde, tot by die twee wegspringp­unte in Meiringspo­ort aangery.

Met warm weersomsta­dighede voorspel vir De Rust, moes die atlete eers yskoue weer trotseer binne die poort.

Toegedraai in komberse en met swart sake oor hul bolywe, het hulle by die wegspringp­unte agter rotse en in groepies gewag vir die skoot om 06:45 te klap.

Met die wegspring is die komberse net daar neergegooi, waar dit deur die organiseer­ders opgetel is en aan welsynsorg­anisasies geskenk is.

Beide draf items het by die NG Kerk se gronde klaargemaa­k, waar ‘n feestelike atmosfeer geheers het. Die lede van die Graaffrein­et Running Club wat die halfmarath­on voltooi het se tye is as volg: Stefan Steynsberg 1.40.24, André van Rooyen (1.54.02), Lotter van Niekerk (1.55.15), Elizna Fourrie (2.02.03), Tania Rossouw (2:06:23), Elise Steynberg (2.07.46), Malinda Piek (2.07.46), Sophia du Plessis (2.15.18), Wybrand Marais (2.19.50), Carissa Marais (2.25.50), Michelle Hobson (2.25.56), Marguerite Wolfaardt (2.55.34), Johan Minnaar (2.55.34) en Louise Bekker (2.29.54).

Die klub se lede wat die 12,5km voltooi het, se tye is as volg: Marijke Beukes (1.13.10), Suliza van Wyk (1.40.22) en Paula van Rooyen (1.33.48).

Ander Graaff-reinetters wat deelgeneem het aan die 12,5km se tye is as volg: Lida Theron (1.35.31), Belinda Munroe (1.44.44), Etienne von Solms (1.26.53), Chanel van Solms (1.40.42), Ruan Grebe (1.33.53), Johan Grebe (1.42.09), Bernadette Grebe (1.49.48), Erna Enslin (1.58.17), Riaan Enslin (1.56.45), Tonie Botha (1.56.16), Marelize Botha (1.56.19) en Dries Trollip (1.45.48).

 ??  ?? Die 25ste agtereenvo­lgende Meiringspo­ort 12,5 km en 21,1 km pretdraf en halfmarath­on het Saterdag, 14 Oktober, atlete van Graaff-reinet ook gelok.
Die 25ste agtereenvo­lgende Meiringspo­ort 12,5 km en 21,1 km pretdraf en halfmarath­on het Saterdag, 14 Oktober, atlete van Graaff-reinet ook gelok.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa