Graaff-Reinet Advertiser

Bedrywige baan op primêre skool se gholfdag

-

GRAAFF-REINET — Graaffrein­et Primêr het Saterdag, 21 Oktober, ‘n baie suksesvoll­e gholfdag by die plaaslike baan aangebied.

Ses-en-veertig spelers het aan die kompetisie deelgeneem. Die weer het ook mooi saamgespee­l en bygedra tot ‘n heerlike dag.

Na afloop van die dag se spel is ‘n prysuitdel­ing gehou en elke wenspan is vereer met ‘n prys,

Die eerste plek is deur Charl du Plessis en C du Plessis met 48 punte verower, gevolg deur B Top en A Speelman in die tweede plek met 45 punte, A Visagie en D Hendricks in die derde plek met 44 punte, D Yeadon en T Pretorious in die vierde plek en T Hobson en W Gentry in die vyfde plek.

Die skool bedank graag die volgende borge vir hul bydraes:

Dr Jack Laubscher, Derek Light Attorneys, Profcon Resort, HAJ van Rensburg, Dr AP Marais, GRT Hardware, Wolff & Johnstone, Engen Riverside Convenienc­e Centre, GRT Security, Steers Graaff-reinet, Cassiem - Sanlam, Mr Cupboard - Desmond Kleyn, Sakkie van Zyl, Shoprite, Africanos, Isango Gate, Camdeboo Vet, Brian Bands, XTT, Fresh Stop College Motors, Hyuandai Graaffrein­et, Drostdy Toyota, Spar, Joekels, Nommerpas, Heroldt Indecor, Aquelle, Leticia Jenneke, Lewis Stores en Pick n Pay.

Die skool gaan volgende jaar weer ‘n gholfdag deel maak van die jaarlikse fondsinsam­elingkalen­der en wil graag almal wat betrokke was bedank vir hul deelname in hierdie suksesvoll­e fondsinsam­elingsproj­ek.

 ??  ?? Die wenners van Saterdag se kompetisie by die Graaff-reinet gholfbaan.
Die wenners van Saterdag se kompetisie by die Graaff-reinet gholfbaan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa