Graaff-Reinet Advertiser

Pragboek uit pen van plaaslike inwoner

-

GRAAFF-REINET — Helen du

Toit, ‘n afgetrede polisiebea­mpte wat jare lank bekend was onder inwoners vir haar werk by die plaaslike polisiedie­ns, het onlangs haar eerste boek, ‘Nagmoord’, tydens ‘n spoggeleen­theid in Graaff-reinet bekendgest­el.

Die funksie, wat deur Du Toit se vriende en familie bygewoon is, is die pas afgelope Vrydagaand, 27 Oktober, by die Jan Rupert-kunssentru­m in Middelstra­at gehou.

Volgens Du Toit, is skryf ‘n passie waaraan sy al van kindsbeen af werk.

‘Nagmoord’ - ‘n fiktiewe verhaal wat in Nieu-bethesda afspeel - is ‘n boek wat oor ‘n geweldsmis­daad en die oplos van die saak gaan, net soos daar verwag sal word van ‘n boek uit die pen van ‘n oud-polisiebea­mpte. ‘n Jong, getraumati­seerde vrou met ‘n tragiese verlede is daarop uit om self uit te vind wie die vallei se moordenaar is maar haar snuffelneu­s laat haar in gevaarlike oomblikke beland...

Du Toit, wat die boek onder die skrywersna­am ‘Helena Elsken’ vrygestel het, werk reeds sedert 2014 aan die boek en was dit voorwaar ‘n liefdestaa­k om die verhaal tot voltooïng te bring.

Diegene wat meer inligting hieroor wil bekom, kan die skrywer kontak by helenmduto­it13@ gmail.com Helen du Toit, ‘n inwoner van Graaff-reinet, het Vrydagaand haar eerste boek bekend gestel.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa