Graaff-Reinet Advertiser

VLV byeenkoms propvol interessan­thede

-

ABERDEEN — Oktobermaa­nd se vergaderin­g van die Aberdeen VLV was leersaam en pret - propvol interessan­thede wat elk van die ses portefeulj­es dek.

Lea van der Vyver, voorsitter, het die vergaderin­g geopen met gedagtes uit die Woord, “ons is elkeen deel van die lewe se potpourri of mosaïek, elkeen is uniek geskape om haar eie plek vol te staan. Ons hoef nie soos iemand anders te probeer wees nie - ons moet net meer en meer word wat God bedoel het ons moet wees”.

Die sameroeper van die Gesondheid- portefeulj­e, Stephnie van Zyl, ‘n verpleegst­er by Aberdeen Hospitaal, gee die lede toe ‘n siftingsvo­rm om in te vul wat vir bloeddruk, diabetes, depressie en TB toets.

Dit bemagtig lede om te weet of hulle ‘n afspraak by ‘n moet dokter maak.

Verder deel Van Zyl inligting oor die effektiwit­eit van warm water om gesondheid­sprobleme aan te spreek en hoe om dit vir spesifieke toestande te gebruik. Volgens Van Zyl is dit baie gesond om elke oggend vier glase warm water op ‘n leë maag te drink en dan vir 45 minute nie te eet nie. Die gesondheid­sgevare van baie koue water vir mens se gestel en gesondheid word ook uitgewys.

Sameroeper: Openbare Sake, Elna van Niekerk, verskaf idiome van Nederland wat voorgelees word met die regte aksent - lede moes dan raai wat die betekenis is.

Sameroeper: Leefstyl, Suzanne Lategan, deel toe resepte uit oor bêremengse­ls vir slaaisous.

Sameroeper: Kunste en Handvlyt, Heidi Lombard, demonstree­r die gebruik van ‘n outydse “Rose Bowl” aan lede. Vars rose word kort geknip en in die basis se gaatjies gesteek.

Daarna word die glasbal vol water getap en die roos-basis daarin gedruk en geseël. Die bal word dan omgedraai om op die basis te staan – die rose vertoon pragtig in die water, het lugborrels op die blare en hou baie lank op die manier.

Sameroeper: Opvoeding en Kultuur, Luise de Jager, moedig lede aan om nog meer betrokke te raak om die mense naaste aan jou op te hef en te ondersteun, bv huishulp, tuinman, plaaswerke­rs en hulle kinders.

Sameroeper: Landbou en Tuinbou, Annalie Lategan, lewer ‘n praatjie oor die nuutste navorsing oor die sielkundig­e waarde van tuinmaak.

Daar is ‘n bakterie wat in grond

REGS: Aberdeen Vlv-lede: (agter) Lea van der Vyver, Mimi Lategan, Estelle van Wyk, Annalie Lategan, Elise Steynberg, Karen van Rensburg, Stephnie van Zyl, Gloria Peniston, Heidi Lombard, Jean Watermeyer, (voor) Anchen van Schalkwyk, Lize de Jager en Carina Esterhuize­n. voorkom wat tot die verligting van depressie kan bydra. Wanneer jy met jou hande in die grond werk stimuleer dit ook die groei van neurone in die brein wat ‘n verhoogde serotonien vlak tot gevolg het en angstighei­d vlakke laat daal. Lategan gee ook ‘n opsomming oor die voordele van tuinmaak.

Daar is ook tydens die byeenkoms ‘n marktafel gehou waar lede elk tuisgemaak­te produkte kon bring en dan mekaar se produkte koop. Die inkomste word aan die tak geskenk.

Theresa van der Merwe en Karen van Rensburg word as nuwe lede verwelkom. Annalie Lategan wen die gelukkige trekking en die dag word afgesluit met koffie en heerlike eetgoed wat Heidi Lombard verskaf.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa