Graaff-Reinet Advertiser

Klub beplan swemgala vir beginners

-

GRAAFF-REINET — Die Graaff-reinet Swemklub bied eersdaags hul eie beginners-gala aan.

Die geleenthei­d sal op Saterdag, 11 November by Hoër Volkskool se swembad plaasvind.

Hierdie gala is slegs vir swemmers wat nog nooit aan ‘n B- of A-liga gala deelgeneem het nie.

Die doel van dié gala is om plaaslike kinders aan gala-verrigting­e bloot te stel.

Niemand word gediskwali­fiseer nie, en almal wen ‘n prys!

Daar is ook ‘n prys vir die skool met die meeste inskrywing­s.

Registrasi­e begin om 08:00 die oggend en die gala skop om 8.30 af.

Inskrywing­skoste beloop R25 per leerder, maak nie saak hoeveel items hy/sy aan deelneem nie.

Inskrwying­vorms is beskikbaar by Grtswemgro­ep@gmail.com

Die klub gaan ook gemengde aflosse hou in elke ouderdomsg­roep.

Hier kan skole twee dogters en twee seuns inskryf. Daar is ook ‘n ope-aflos vir die skole wat nie vier kinders per ouderdomsg­roep het nie. Dit beteken dat jy enige kind van enige ouderdom en enige geslag kan inskryf vir hierdie item.

Die Graaff-reinet Swemklub wil hierdie graag ‘n jaarlikse instelling maak en moedig hul alle skole aan om soveel moontlik kinders in te skryf.

Tuisonderr­ig-leerders is ook baie welkom - hierdie gala is nie beperk tot slegs skole nie.

Ouderdomme waarin items geswem word is seuns en dogters 8 en onder, O.9, O.10, O.11 en O.12 (ouderdom op dag van gala).

Dié drie swemmers - verbonde aan die Graaff-reinet Swemklub - het op 21 Oktober aan ‘n C-liga gala deelgeneem in Port-elizabeth en Uitenhage en baie goed gevaar. Hulle is Carlien Lua Bouwer, Carlien Oosthuizen en Lara Vosloo. Die klub is baie tros op hulle.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa