Graaff-Reinet Advertiser

Mnr en Mev Middelburg gekroon

-

MIDDELBURG — Op 4 November 2017 is Mnr en Mev Middelburg tydens ‘n spoggerige Maskerbal gekroon.

Vir die afgelope paar jaar was daar ‘n leemte op hierdie gebied en is die organiseer­ders van die geleenthei­d trots om aan te kondig dat Thys en Marietjie van Rooyen nou hierdie titel verower het!

Die paartjies by die maskerbal is streng volgens verskeie kriteria gevalueer, en moes die beoordelaa­rs let op kreatiwite­it volgens temadrag, of hul spesiale moeite met hul maskers gedoen het en of dit by hul kleredrag gepas het, of hul gereeld gedans het en ook of daar interaksie met die gaste was. Aangesien hierdie titel vir ‘n jaar lank aan die paartjie toegestaan word, moet hulle ook vriendelik­heid, sprankelen­d en betrokke by die gemeenskap wees. Geen een kan twyfel dat Thys en Marietjie verseker hierdie titel verdien nie! Thys en Marietjie van Rooyen.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa