Graaff-Reinet Advertiser

Y-WAM groep bring besoek aan Colesberg

-

COLESBERG — Nog nooit van Y-WAM groep gehoor nie?

Dit beteken “Youth with a mission”. Dit is ‘n wêreldwye beweging wat hom beywer om die jeug te help om God te ken en om God bekend te stel aan mense.

Dit is ‘n interkerkl­ike organisasi­e wat reeds in 1960 gestig is om jong mense betrokke te kry in uitreiking­saksies. Werk word onder omtrent 180 verskillen­de nasies gedoen. Hierdie bediening is saamgevat in drie kategorieë nl: (1) Opleiding (2) Evangelisa­sie en (3) Barmhartig­heid/ontferming/dissipelsk­ap. Die doel is om hoop aan armes/siek en weerlose mense te bring. Hierdie groep wat Colesberg die pas afgelope twee weke besoek het, het hul opleiding in Muizenberg ontvang en het veral gewerk onder die jeug van Lowryville gemeenskap en Lowryville Intermediê­re Skool te Lowryville. Lede van hierdie groep was afkomstig vanuit Johannesbu­rg, Potchefstr­oom, Kaapstad, Worcester, Nigerië en Angola.

Hulle het ook uitgereik na ‘n versorging­stehuis te Towervalle­i. Hulle het ook verlede Sondag ‘n diens by die AGS Van S.A., Colesberg, waargeneem. Dankie aan almal wat verblyf en etes verskaf het. Verskeie kinders is in hierdie uitreikaks­ie bereik en was dit beslis die moeite werd.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa