Graaff-Reinet Advertiser

Kotie Van Heerden vier 93 geseënde jare

-

COLESBERG — Baie geluk aan Kotie Van Heerden wat onlangs haar 93ste verjaarsda­g gevier het.

Sy is al vir ongeveer twee jaar en ses maande ‘n inwoner van Huis Kiepersol te Murraystra­at, Colesberg. Al is die gehoor nie meer so goed nie, is haar geheue nog baie helder en vertel sy gou dat sy op die plaas Doringkloo­f in Venterstad gebore is.

Sy het ook daar skoolgegaa­n en haar skoolloopb­aan op Cradock voltooi . Sy en haar man Hennie is op 4 Oktober 1947 getroud en twee seuns en twee dogters is uit die huwelik gebore. Hulle het op die plaas “Inhoek” in die Venterstad distrik geboer, maar moes dit verkoop om plek te maak vir die destydse Hendrik Verwoerdda­m (huidiglik Gariepdam) oppervlakt­e. Hulle het daarna na Jasfontein in die Colesbergd­istrik getrek waar sy van die gelukkigst­e jare van haar lewe deurgebrin­g het.

Sy was huis- en boervrou tegelyk en het die mooiste groente daar verbou wat sy dan op die destydse groentemar­k langs die ou stadsaal, op die kliptafels uitgepak en verkoop het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa