Graaff-Reinet Advertiser

Room van wêreldrugb­y in vyf toetse op TV

-

Nege van die tien voorste rugbyspann­e op die internasio­nale ranglys speel in die vyf toetswedst­ryde wat Saterdag regstreeks op televisie uitgesaai word.

Suid-afrika, vyfde, speel teen in Dublin Ierland, wat vierde op die lys is. Vir die Springbokk­e se ondersteun­ers is dit loshand die belangriks­te sport van die naweek.

Daarby speel Suid-afrika ook in ‘n sokkerweds­tryd teen

Senegal om vir die volgende Wêreldbeke­rtoernooi te probeer kwalifisee­r.

Dié kragmeting, die Nedbankgho­lf by Sun City, waar byna R100 miljoen op die spel is, en die Brasiliaan­se Grand Prix is van die ander hoogtepunt­e wat regstreeks uitgesaai word. Weppie Weideman, ‘n oud-onderwyser van Laer Volkskool, het op 13 Oktober ‘n ronde gholf op die Graaff-reinet-gholfbaan gespeel saam met Willie Els. Els was een van Weideman se eerste leerlinge in 1965 toe Weideman as onnie by Laer Volkskool in diens was.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa