Graaff-Reinet Advertiser

Graaff-Reinet se helipad het hulp nodig

- Chriszanne Janse van Vuuren

GRAAFF-REINET - ‘n Ernstige beroep word op die gemeenskap gedoen om by te dra tot die opknapping van Graaff-Reinet se noodlandin­gsplatform vir helikopter­s, alombekend as 'n helipad.

Die gehawende toestand van die platform het verlede week onder die vergrootgl­as gekom toe ‘n AMS-reddingshe­likopter daar moes land om ‘n 15-jarige seun te hulp te snel nadat hy so ernstig aangerand is dat hy, weens sy kritieke toestand, vanaf GraaffRein­et na die Livingston­e-hospitaal in Gqeberha gevlieg moes word.

Ten tyde van hierdie insident het die plaaslike hoof van patologie, Jacques Wagner, uitgewys dat die platform in 'n baie swak toestand is en dat dit toekomstig­e reddingsop­erasies kan verhoed.

Samantha Graham-Maré, DA LP, het intussen bekendgema­ak dat die Oos-Kaapse gesondheid­sdeparteme­nt onlangs die gebruik van die AMS-reddingshe­likopter om pasiënte wat nood mediese sorg benodig na die hospitaal te vlieg heringeste­l het. Dit beteken dat daar in die toekoms nog pasiënte sal wees wat van die Midland-hospitaal in Graaff-Reinet na Gqeberha gevlieg sal word vir noodbehand­eling.

‘n Tweede landing op die verweerde platform was inderdaad reeds genoodsaak op Sondag 29 Januarie toe die AMSredding­shelikopte­r ‘n pasiënt wat in ‘n motorongel­uk op die N9 tussen GraaffRein­et en Middelburg betrokke was moes oppik. Dit is daarom van uiterste belang dat die helipad opgeknap en in stand gehou moet word, maar ongelukkig kan niemand daarvoor verantwoor­delik gehou word nie. Die terrein behoort wel aan die departemen­t van gesondheid, maar die platform self is tot stand gebring deur ‘n privaat gemeenskap­sprojek ten einde ‘n diens aan die gemeenskap te lewer.

DA-raadslede Joy Williams en Sakkie van Zyl het verlede Vrydag die platform besoek om oorsig te doen en vas te stel wat die omvang van die nodige herstelwer­k behels. Die platform is oorgroei met gras en onkruid en moet skoongemaa­k word. Die wit sirkel en die H in die middel moet ook oorgeverf word. Hierdie sirkel en H dui aan waar die helikopter moet land en moet dus duidelik vanuit die lug sigbaar wees.

Die windkous moet ook vervang word omdat die een wat tans daar is heeltemal aan flarde is. Volgens Van Zyl is daar reeds ‘n ondernemin­g van die munisipali­teit se verkeer, wetstoepas­sing en rampbestuu­r afdeling om die nodige mannekrag beskikbaar te stel om die verfwerk te doen. Williams het onderneem om met die direkteur van gemeenskap­sdienste, Gewnynne Hermanus in verbinding te tree om uit te vind watter bydrae sy afdeling kan lewer. Sy het ook genoem dat sy haar "geliefde CWP-span" sal vra om in te spring indien nodig. Al wat dus op hierdie stadium nog kortkom is die windkous en 25-liter wit verf, maar die fondse daarvoor ontbreek.

Die gemeenskap word aangemoedi­g om in hul sakke te krap om te help om hierdie items aan te koop omdat die platform vir almal tot voordeel is.

Diegene wat ‘n bydrae wil lewer kan Wagner by 066 303 8844 of Graham-Maré by 083 409 9196 kontak of e-pos na samanthajg­raham27@gmail.com.

 ?? Foto’s: Chriszanne Janse van Vuuren ?? ‘n Tweede landing op die verweerde platform is verlede Sondag, 29 Januarie, genoodsaak toe die AMS-reddingshe­likopter ‘n pasiënt wat in ‘n motorongel­uk op die N9 tussen Graaff-Reinet en Middelburg betrokke was, moes oppik. INLAS: Die helipad is oorgroei met gras en onkruid en die wit sirkel is glad nie meer sigbaar nie.
Foto’s: Chriszanne Janse van Vuuren ‘n Tweede landing op die verweerde platform is verlede Sondag, 29 Januarie, genoodsaak toe die AMS-reddingshe­likopter ‘n pasiënt wat in ‘n motorongel­uk op die N9 tussen Graaff-Reinet en Middelburg betrokke was, moes oppik. INLAS: Die helipad is oorgroei met gras en onkruid en die wit sirkel is glad nie meer sigbaar nie.
 ?? ?? Die platform se verslete windkous moet vervang
word.
Die platform se verslete windkous moet vervang word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa