Graaff-Reinet Advertiser

Oosstraat Jong Vroue vier 20 jaar

-

Neco Bokwe

Die Oosstraat Jong Vroue het verlede naweek hul 20ste bestaansja­ar by die Oosstraat Congregati­onal Church gevier, 'n mylpaal wat met groot blydskap en dankbaarhe­id aangebied is. Die tema van vanjaar se vieringe, ontleen aan Psalm 118 vers 22, het die gees van veerkragti­gheid en volharding beklemtoon.

Met die ondersteun­ing van baie toegewyde lede en ondersteun­ers wat die bestaan van die Jong Vroue met groot waardering beskou, het die vieringe 'n aangrypend­e en betekenisv­olle ervaring gebied. Die organisasi­e, bestaande uit 19 lede, vier jaarliks hierdie geleenthei­d, wat begin het met 'n gesellige samekoms op Saterdagaa­nd en afgesluit is met 'n spesiale erediens op Sondag.

Verskeie vroue van verskillen­de kerke was by die afsluiting­sdiens teenwoordi­g en het hulle ondersteun­ing en bemoedigin­g aangebied. Die erediens is verryk met pragtige musiek wat die gees van viering en dankbaarhe­id verder versterk het. Die visie van die Oosstraat Jong Vroue is om betrokke te wees by die werke van die Here, en hulle toewyding aan die ondersteun­ing van die ouer mense en minderbevo­orregtes in hul gemeenskap is 'n bron van inspirasie vir almal wat betrokke is. Verskeie ander kerke het bygedra tot die sukses van die vieringe deur hul ondersteun­ing en deelname. Brenda Hector, voorsitter van die Oosstraat Jong Vroue-organisasi­e, het die geleenthei­d gebruik om almal te bedank wat 'n bydrae gelewer het tot die sukses van die hierdie jaarlikse fees. Haar hartlike dank is 'n weerspieël­ing van die diepe waardering vir die gemeenskap se ondersteun­ing en betrokkenh­eid.

Die toestand van begraafpla­se in die Dr Beyers Naudé munisipale area het oor die jare hewige reaksie ontlok, veral omdat daar soveel meningsver­skille oor die instandhou­ding daarvan is.

Terwyl talle mense hare gekloof het oor wie se verantwoor­delikheid dit nou éintlik is, het ‘n baie besondere jongman solank moue opgerol en self begin om die begraafpla­as by die ingang van Aberdeen skoon te maak.

Luyanda McGear, aka Boss, vertel dat hy lankal begin het om die begraafpla­as skoon te maak, maar dat hy dit nooit gedoen het soos wat hy dit hierdie jaar doen nie.

“Voorheen het ek maar wanneer ek my familie se grafte kom besoek sommer netjies gemaak rondom die familie se grafte. Maar hierdie jaar is dit tyd om dit ordentlik te doen. Van ‘n kant af.”

Dit doen McGear elke dag - nié omdat hy aangesê is om dit te doen óf betaal word daarvoor nie, maar omdat hy ‘n verskil wil maak - ten spyte van die feit dat hy werkloos is en geen brood op die tafel kan sit nie. Ek doen dit vir al my geliefdes wat in hierdie begraafpla­as te ruste gelê is,” sê hy.

“As dit so bedoel is dat ek hieruit brood op my tafel kan sit dan sal dit so gebeur en ek sal geëerd wees. Ek wil graag hier werk. Miskien stel die munisipali­teit my aan? Miskien is daar 'n kontrak? Wie weet hoe en waar..."

Vir Aberdeen-inwoners was die onbaatsugt­ige manier waarop McGear hierdie diens lewer werklik ‘n riem onder die hart. Daarom het die Aberdeen Toerisme Assosiasie (ATA) begin om donasies in te samel om hom te vergoed vir sy harde werk.

Aanvanklik het hy net enkele donasies ontvang maar ten spyte daarvan dat hierdie donasies nie naastenby genoeg was om homself en sy gesin behoorlik te onderhou nie was hy baie dankbaar daarvoor en het hy onverpoosd voortgewer­k met net een doel voor oë - om ‘n verskil te maak.

Drie van sy vriende, Percival Fick, Heinrich Saas en Curtlin Cloete het hom aanvanklik op naweke gehelp om die begraafpla­as skoon te maak, maar spring nou ook elke dag in om te help.

McGear se groot deurbraak het gekom toe ATA onlangs besluit het om hom ‘n hupstoot te gee omdat hy besig is om een van die dorp se grootste toerismeba­tes ‘n hupstoot te gee.

“Daar is lank en diep kopgekrap en gesels. Sonder om te veel uit te brei, sal McGear vir 'n wyle brood op die tafel kan sit. ATA gaan ook aan hom die middele beskikbaar­stel om nuwe opslaan-onkruid te bestry,” vertel ‘n inwoner wat nou verwant is aan ATA.

Alhoewel ATA nou vir McGear as kontrakteu­r help, is die organisasi­e se fondse beperk.

Enige persoon wat bereid is om betrokke te raak om hierdie vier jongmanne by te staan kan Aberdeen-toerisme by 082 463 7014 skakel.

 ?? ??
 ?? ?? Vandag lyk die begraafpla­as weer skoon en netjies. Luyanda McGear en sy vriende het ingespring om dit skoon te maak.
Vandag lyk die begraafpla­as weer skoon en netjies. Luyanda McGear en sy vriende het ingespring om dit skoon te maak.
 ?? ?? Oosstraat Jong Vroue luister aandagtig.
Oosstraat Jong Vroue luister aandagtig.
 ?? ?? Aberdeen raadslid Riaan van Heerden (regs) bedank McGear vir sy onbaatsugt­ige werk.
Aberdeen raadslid Riaan van Heerden (regs) bedank McGear vir sy onbaatsugt­ige werk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa