Grocott's Mail

Barbarisme

-

Om mense te beroof, te plunder en te vat wat nie aan jou behoort nie, is die ergste vorm van barbarisme. Of dit nou plaasboere, huiseienaa­rs of buitelande­rs is, bly enige vorm van ongeregtig­de onteiening absoluut verkeerd!

Elke mens het die reg om te woon en te beweeg waar hy/sy wil, solank dit nie indruis op die regte van ander nie. Wat het geword van die demokrasie, van mense se demokratie­se reg om te woon en te werk waar jy wil? Die buitelande­rs kom hierheen met die uitsluitli­ke doel om hulself maatskapli­k en sosioekono­mies op te hef, sonder regeringsh­ulp. Hulle lewer ’n diens aan die gemeenskap­pe, en in die proses word hulle uit eie verdienste daarvoor vergoed.

Ek kan met eerlike opregtheid noem dat die uitlanders met wie ek al besigheid gedoen, en/of sosiaal verkeer het, geen greintjie aggressiew­itiet teenoor my of enigeen aan my bekend, getoon het nie.

Gerugte, en die versprei- ders daarvan, is ruggraatlo­os. In my oë is skinderbek­ke, lafaards en parasiete wat teer op dooie leuens. Mense sonder gesigte, die aandraers, die liegbekke, die storievert­ellers en die rugstekers, hulle is die vuurwapens wat die gemeenskap tromp-op loop en in die gesig skiet - die einste mense wat jy dink jy kan vertrou!

Suid-Afrika is hier vir almal om in te bly. As jy ’n probleem het met die regering, wys dit by die stembus. Om onskuldige mense te plunder en te beroof, kan dalk nou die onuitgespr­oke goedkeurin­g van party in die gemeenskap geniet. Jy kan vandag ’n stukkie brood uit die mond van ’n buitelande­rskind vat ... maar onthou net : GOD slaap nie.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa