In elke lag is daar n traan
So lank as ons gemeenskap kan of wil onthou,sit hulle in die wurggreep van armoede. Die rebellie gelei deur Galant, n slaaf aan die Kaap, is een van die vroegste opstande teen hierdie grooste onreg wat die siel van mense vermorsel het. Vandag woed die stryd onverpoosd voort.
As gevolg van armoede het ons slawe gebly. Die eienaar van ons siele is die kapitalistiese stelsel wat ons in die skuld hou met maandelikse rente wat ons rotsvas ketting. Dink maar aan die skoppers wat rand op n rand rente vra. Baie van ons ketting onsself verder met drank en ander euwels so tipies van armoede. Ander wend hulle tot die reddende woord van die Westerse Godsdiens.
Die Marxiste sien godsdiens as “the opium of the people”. Godsdiens verdof die sinne teen die oorweldigende pyn wat deur kapitalisme veroorsaak word. Die eufimistiese naam wat ons aan ons lyding gee is eksistensialisme.
Opvoeding is die groot hoop waaraan daar gekleef word om ons uit die ellende te trek.
Hierdie hoop lyk ironies as daar gekyk word na die situasie in die Oos-Kaap. Ek glo nie dis vergesog om te se regeringskole laat veel te wense oor nie.
Meermale beland leerders op sekondere skole sonder die vermoe om te lees en skryf. Onderwysers moet die kastaiings uit die vuur krap. En hulle is verby moedeloos, want dis n onbegonne taak. Die oorgrote meerderheid leerders val uit teen die pad van ellende en word deel van die groeiende getal armlastiges.
Baie leerders staan nie n kat se kans nie, want hulle het nie n ondersteuningsbasis nie.Hulle beleef armoede en euwels daagliks aan eie lyf.
Baie ouers is al moeg van armoede. Dan word daar gewonder waarom na die bruinmens verwys as die jollie hotnot? Waarom lag hy in die tande van hierdie bestaanskrisis? Die omgekeerde is waar. In ons lag daar die traan,die traan van n ellendige bestaan.