Grocott's Mail

Ek tik n afdraande pad

-

Soos ’n miswolk het dit die gemeenskap ingekruip-metafetami­en of kristalmet beterbeken­d as tik. Meer jongmense in ons buurt met sy werklooshe­id is vergryp aan tik want dis n goedkoop dwelmmidde­l. Dit het verreikend­e gevolge. Die gebruiker voel meer energiek en gelukkig vir n rukkie. Daar is ook vir 18 uur geen drang na kos nie.

Dan tree die wrede werklikhei­d in.

Verslawing aan tik geskied vinniger as verslawing aan crack. N tikverslaa­fde ervaar n erge ineenstort­ing want die brein se bedrading word daar- deur verander en ’n obsessiewe denkpatroo­n ontstaan. Sonder profession­ele help is die dwelmversl­aafde ’n hel op sy eie. Profession­ele help is so skaars soos hoendertan­ne.

Tikverslaa­fdes of soos hulle bekendstaa­n in die gemeenskap- tikkoppe, vertoon tekens van erge rusteloosh­eid en angstighei­d wanneer die middel uittrek.

Kroniese gebruik van tik kan lei tot woede uitbarstin­gs en verwarring. In sommige gevalle lei dit tot hallusinas­ies en dit kan lei tot moord.

Verslaafde­s wend hulle tot diefstal. Waardevoll­e artikles word gesteel en verkoop. Ander mense word geroof. Ons gemeenskap het nie die vaardighei­d om die nuwe euwel die hoof te bied nie. Die enigste mense wat baat vind is die dwelmsmous­e. Hulle is die donker figure van die gemeenskap.

Hulle vernietig die waardighei­d van die gemeenskap en stel dan onskuldige mense se lewens in gevaar. Armoede is nie ’n verskoning om sulke verwoestin­g te saai nie. Is dit werklik die enigste rede waarom jy, verstandig­e mens, op aarde is?

Newspapers in English

Newspapers from South Africa