Grocott's Mail

Die besige oom langsaan

-

In ons gemeenskap het elke tweede huis n probleem met die besige tante of oom langsaan.

Die besige oom of tante sit altyd voor in die kerk. Hulle is gewoonlik die sterk gelowiges en die soort wat nie slaap in die aande nie, want wie gaan nou die jongklomp se wagte wees.

Dan preek die pastoor, “Die wyse Salomo vra, maar waarom die jaloesie my broer, waarom die jaloesie my sister! Die here vra vir vrede. Die here vra vir liefde gemeente.

“Die here het ons mense geskape om na mekaar te kyk man my broer.”

Dan sal die besige oom langsaan antwoord, “Amen!”.

Ons gemeenskap sal in die afgrond bly want enige mooi gebeurteni­s wat ons aanskou wil ons eerder beswadder.

Ons wil eerder oorlog as vrede he. En ons wil eerder skinder omdat aun Sanna nie n flatscreen TV het nie.

Die besige ooms en tantes sal jou se dat hulle jou dogtertjie slinger dronk by die huis sien in gaan het, maar sal eerder stilbly as hulle sien wie by jou huis ingebreek het.

So die vraag bly staan: waarom die jaloesie my broer!

Die gedurige aftakkelin­g van gesinne deur sekere mense veroorsaak dat ’n sterk gemeenskap nooit tot stand sal kom nie. 'n Gemeenskap van mense wat saam sukkel beteken liefde.

Jou buur se kind is soos jou eie kind. Eer jou buur en jou dae sal verleng word. ’n Gemeenskap is waar ek vir aun Sanna kan gaan vra vir n bietjie suiker sonder dat dit die volgende dag versprei word. ’n Goeie gemeenskap sal nooit kan vorm wanneer mense gekasty word op 'n geheime webwerf met die naam van ou toilet nie.

Een goeie ding van ons busy bees is dat hulle regtig vir ons op ons tone hou. En dis maar al goed wat hulle doen.

Ek is nie die besige oom langsaan nie.

Is jy?

Newspapers in English

Newspapers from South Africa