Grocott's Mail

Kinders is eiertjies

-

Die afgelope tyd lees ons net van die dood en seerkry van kinders.

Kinders wat vermis word. Die ouers se pyn op die televisie “does not do it justice”.

Vir my is dit seker die seerste seer wat enige mens in 'n leeftyd kan ervaar. Kinders, al is hulle woelwaters en soms onhorend, bring soveel vreugde. Elkeen het ’n greintjie menslikhei­d.

Waarom dan kinders seermaak of hulle gebruik in grootmense se twiste?

Hoe vat ’n mens so bondel liefde en dryf die onskuld uit daai bondel liefde uit?

Die hell is ander mense. Ek dink aan ons bondel liefde en hoe ek altyd haar probeer beskerm teen die gemors van die wereld. Hoe beskerm ’n mens al die mooi in haar sodat ander dit nie kan vernietig nie? Hoe keer ek dat sy nooit seerkry nie?

Onlangs het ek per ongeluk so ’n klein ligstraalt­jie net vir 'n oomblik – nee – sekonde minder aandag gegee.

Sy het gestruikel, geval en haar beseer. My hart het uit my borskars geruk. Sy skree. Ek bewe. Ek is jammer klein Zeeliah.

Op daai oomblik wou ek haar nooit weer van my hande afgetel het nie. Ek voel so skuldig net omdat ek nie op daardie oomblik haar seer kon keer nie.

Dit kom weer neer op die vraag waarom gebeur al die slegte dinge met goeie mense?

Kinders is onskuldig. Hulle is tog op sigself eiertjies, hulle is broos en breek so maklik. Mense probeer om hul eiertjie tot die beste van hul vermoe te beskerm.

Ons moet nou al ons kinders goed behandel sodat hulle kan weet soos hulle op- groei dis hoe hulle behandel moet word.

Kinders leer in die ouerhuis hoe om op te tree teenoor ander mense. Ouers en familieled­e sorg vir die veilige ruimte waar liefde, orde en respek aangetrek word. My ligstraalt­jie sing dan tog so mooi “tie tie tie doomistho”.

Vir my maak kinders die wrede lewe so 'n mooi plek.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa