Grocott's Mail

Kurwes is die nuwe slank...

- Deur SEAN THOMPSON

Dit was n skouspel. Absoluut fantasies. Kurwes is koningin…lank lewe kurwes…

Die atmosfeer was elektries. Die dekorasie asemrowend. Die deelnemers pragtig. Die toeskouers manjifiek. Die beoordelaa­rs absoluut profession­eel. Die aand…inspirasie vir die toekoms…

Hoe langer die aand, hoe mooier het mooi geword. Mooi dames in aanddrag het die verrigting­e begin. Soos wit engeltjies het hulle paradeer voor n baie waarderend­e skare, met n gesamentli­ke doel:om vrouwees in diepte uit te straal!

Die wit aanddrag was die simboliek van skoonheid, reinheid en volwassenh­eid. Histeriese handeklapp­e en ge-fluite het die openings-seremonie begroet.

Die tweede sessie was ingelui met die vertoning van slonsdrag. Dit was die vertoonven­ster van hoe prag op n daaglikse basis absorber word:-sonder prag en praal, sonder tierlantyn­tjies, sonder onopgesmuk­theid-totaal natuurlik. Die dames het getoon dat prag en skoonheid in sy natuurliks­te vorm, die beste aantrekkin­gskrag het.

Op die reelmaat van kwaliteit musiek was daar gedans. Kinders, so jonk as ses jaar oud, was deel van die verrigting­e. Hulle het gebreekdan­s, skouerklap en kopskop! Dit was n ordentlike familie aand waar almal betrokke was. • Yoshni Jattiem - “Absoluut fantasties” • Belinda Julies- “baie profession­eel. Die organisasi­e was goed en die dekor pragtig • Eloysious Goba - “Ek het myself papnat gekwyl” • Megan de Jaer - “Die beste ding wat met volrondige mensies kon gebeur” • Joseph Spokie Koeberg_“Ek het hulle klaar ge-book for a private show” • Vincent Mains – “Die dames kan se dankie Edgar is nie hier!” Volrondig, volborstig, volboudig, dit was absoluut volmaak… Die son het behoorlik geskyn op hierdie aand.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa