Huisgenoot Beste Resepte: Braai

BRAAI SOOS ‘N BOBAAS

-

WANNEER KOM DIE SOUT BY?

Sout jou steak 1 uur voor braaityd vir elke 2,5 cm wat dit dik is. As jou steak 3 cm dik is, moet jy dit dus sout 1 uur en 12 minute voor jy dit braai. Hier’s hoekom:

1 Sout trek aanvanklik water uit die vleis. As jy dus sout net voor jy braai, sal jou steak droog wees en die sout nie intrek nie.

2 As jy vroeër sout, los die sout op in die uitgetrekt­e water en beweeg alles terug in die vleis danksy osmose.

3 Die sout laat die proteïene ontspan sodat dit vogtigheid en sappe asook die soutgeur vasvang. Dus: ’n sappige, geurige steak.

4 As jy kruie of speserye by die sout voeg, sal dit op dieselfde manier in die vleis intrek.

VOORAF

Bring die steaks tot kamertempe­ratuur.

BRAAI

Die kole moet baie warm wees.

Die rooster kan 5-15 cm bo die kole wees.

WENKE

Moenie met marinade verf voor die eerste 2 minute verby is nie.

Draai met ’n tang en nie ’n vurk nie.

Laat die vleis agterna 10 minute rus.

IDEALE INTERNE TEMPERATUU­R

55-57 °C in die dikste deel vir mediumrou

HEEL SNITTE

Beenlose heel snitte soos filet, kruisstuk en lendestuk kan heel gebraai word. Verseël die buitekant goed oor gloeiende kole. Stel dan die rooster hoër of krap van die kole uit sodat die vleis stadiger kan braai.

Liggaar: 15 minute per 500 g vleis + 15 minute ekstra Mediumrou: 20 minute per

500 g vleis + 20 minute ekstra

SNITTE

Die gewildste snitte is rib en lende vir tjops en boud of blad vir heel gaarmaak.

Tjops moet 2-2,5 cm dik wees, anders droog dit uit.

Boud en blad vind baat by ryp maak. Kies snitte met ’n dunnerige vetlagie, vee af met ’n asynlap en plaas 2-5 dae onbedek in die yskas.

VOORAF

Sny ligte kepe in die vetrand van tjops voor jy begin braai om te keer dat dit opkrul.

BRAAI

Die rooster kan 5-15 cm bo die kole wees. Pak die tjops op ’n ry en steek ’n stok of roosmarynt­ak onder die vetkant deur sodat al die tjops geryg is. Braai die vetkant oor warm kole tot bros. Verwyder die stok en braai sowat 8 minute oor matige kole.

IDEALE INTERNE TEMPERATUU­R

60-63 °C in die dikste deel vir mediumrou

VOORAF

Vryf die swoerd van groot vleisstukk­e met sout in sodat dit lekker bros kan braai.

Marinades help om die varkvleis sappig te hou.

BRAAI

Die kole moet matig wees.

Die rooster moet 5-15 cm bo die kole wees.

Varkvleis word nie aan die buitekant geskroei terwyl die binnekant nog halfgaar is nie. Dit word taamlik eweredig gaar. Die binnekant moet van rooipienk na ligpienk verkleur – grys is oorgaar.

Heel snitte Braai ’n uur, sny dan in repe en skroei vinnig oor die kole.

Ribbetjie Die sous brand maklik; braai dus die ribbetjie eers sonder die sous tot gaar van binne. Smeer dan die sous oor en braai die laaste 5 minute tot klewerig.

WENKE

Varke word deesdae baie jonger geslag; die vleis is dus sagter en alle snitte is sag.

Varkvleis is baie maerder as voorheen en kan dus gou droog braai.

Dis nie meer nodig om vark weens veiligheid­sredes oorgaar te braai nie.

IDEALE INTERNE TEMPERATUU­R

71 °C in die dikste deel vir halfgaar

BRAAI

Die kole moet matig wees. Die rooster moet 10-15 cm bo die kole wees.

Draai die vleis gereeld om. Heel hoender Dit word die maklikste op die spit gaargemaak.

Vlerkies Hoendervle­rkies is die lekkerste met ’n taai sous. Braai die vlerkies eers sowat 20 minute tot byna gaar. Meng goed met die marinade en braai nog 5 minute tot bros en klewerig.

WANNEER IS DIE HOENDER GAAR?

Porsies As jy die dikste deel toets, moet die vleissappe helder uitloop.

Heel hoender Wikkel die boudjies. As hulle maklik beweeg, is die hoender gaar.

WENKE

Hoendervle­is se dikte is oneweredig, wat dit moeiliker maak om te braai. Sny ’n paar diep kepe in die vleis, en vryf die marinade daar in sodat die vleis egaliger gaar word.

Hoenderbor­sies word maklik droog. Marineer of pekel dit dus vooraf om dit sappiger te help maak.

IDEALE INTERNE TEMPERATUU­R

77 °C in die dikste deel vir gaar

Hoe lank moet ’n steak of ’n tjoppie braai? Wanneer moet jy steak sout? Hoe weet jy jou kos is gaar? Moet jy marineer? Ons bekyk ’n paar braaitegni­eke wat die verskil tussen ’n sappige, geurige happie vleis en ’n horingdroë, gebrande stuk kaiing kan beteken

VOORAF

Vis het nie die spiertekst­uur van diere nie en dit sal gouer afbreek. Moet dit dus nie te lank marineer nie; beperk tot ’n paar uur.

BRAAI

Die kole moet matig wees.

Verf die rooster en die vis met olie. Maak die rooster warm oor die kole en plaas dan eers die vis daarop.

Plaas die rooster 15-20 cm bo die kole. Braai die velkant van die vis langer, draai dan om en maak die vleiskant net skrik.

VOORAF

By stokkiesko­s is dit veral die marinade wat geur gee aan die happie. Kies dus die marinade versigtig, veral as jy een van die winkelrak aanskaf.

Week die stokkies vooraf in water – dit voorkom dat hulle aanbrand.

Ryg die vleis en groente lossies aan die stokkies sodat die hitte ook tussen die blokkies vleis kan inbeweeg en die vleis eweredig gaar word.

BRAAI

Die kole moet matig warm wees.

Die rooster moet sowat 15 cm bo die kole wees.

Draai die sosaties gereeld om.

VOORAF

As jy jou eie hamburger-vleiskoeki­es maak:

Maak ’n effense duik in die middel van die vleiskoeki­es, want die vleis is geneig om in die middel uit te bult wanneer dit gaar word.

Moenie die vleismengs­el oormeng as jy self hamburgers maak nie, dan word dit taai.

BRAAI

Die kole moet matig warm wees. Braai egter die eerste minuut of wat aan albei kante oor baie warm kole sodat die vleiskoeki­es goed seël, anders sal hulle in die rooster insink en vassit.

Die rooster moet 15 cm bo die kole wees. Werk sagkens met die vleiskoeki­es. Moenie te veel daaraan karring nie – namate die vleis seël, sal die burgers self van die rooster af loskom.

Die vleiskoeki­es moet bruin aan die buitekant, maar sappig en nog effens pienk binne wees.

Draai vis net een keer om. Hoe meer jy

draai, hoe groter is die gevaar dat die vis aan die rooster

vassit.

S

 ??  ?? BRAAITYD
Tjops: 12-14 minute vir 2 cm dik Ribbetjie 1-1½ uur vir 1,5-1,7 kg Heel snitte: 1¾ uur vir 1,5-2,25 kg
BRAAITYD
Heel hoender: 1-1½ uur Gevlekte hoender: 40 minute Porsies: 20 minute
BRAAITYD Tjops: 12-14 minute vir 2 cm dik Ribbetjie 1-1½ uur vir 1,5-1,7 kg Heel snitte: 1¾ uur vir 1,5-2,25 kg BRAAITYD Heel hoender: 1-1½ uur Gevlekte hoender: 40 minute Porsies: 20 minute
 ??  ?? BRAAITYD
’n Steak van 2,5-3 cm moet 7 minute braai om mediumgaar te word. Draai elke 2 minute om.
BRAAITYD
Tjops: 8 minute vir 2,5 cm dik (mediumrou)
Heel snit: 1-1½ uur vir 1,7-2,7 kg
BRAAITYD ’n Steak van 2,5-3 cm moet 7 minute braai om mediumgaar te word. Draai elke 2 minute om. BRAAITYD Tjops: 8 minute vir 2,5 cm dik (mediumrou) Heel snit: 1-1½ uur vir 1,7-2,7 kg
 ??  ??
 ??  ?? BRAAITYD
Heel vis: 15-20 minute vir 500 g en 30-45 minute vir 1,5 kg
Filette: 3,5 minute vir 1 cm dik
BRAAITYD
Hoender: 20 minute Rooivleis: 15 minute
BRAAITYD
8-10 minute (afhangende van die dikte) oor matige tot hoë hitte
BRAAITYD Heel vis: 15-20 minute vir 500 g en 30-45 minute vir 1,5 kg Filette: 3,5 minute vir 1 cm dik BRAAITYD Hoender: 20 minute Rooivleis: 15 minute BRAAITYD 8-10 minute (afhangende van die dikte) oor matige tot hoë hitte

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa