Huisgenoot Beste Resepte: Braai
Basiese brooddeeg vir pizza en roosterkoek
KORS
1 x basiese brooddeeg (resep
links)
SMEERSEL
60 ml (¼ k) tamatiepuree 2 knoffelhuisies, fyn gedruk HOENDERBOLAAG
2 hoenderporsies sout en pas gemaalde peper
60 ml (¼ k) natuurlike volroomjogurt
5 ml (1 t) Dijon-mosterd
2 ml (½ t) gedroogde Italiaanse
kruie
2 ml (½ t) rooipeper
1 wiel fetakaas
8 kersietamaties, gehalveer SALAMI-EN-SAMPIOEN-BOLAAG
4 velletjies salami
125 g sampioene, in skyfies gesny 8 ontpitte olywe
100 g kaas, gerasper
½ avokado, in skyfies gesny (opsioneel)
1 Kors Berei die deeg volgens die resep en laat 30-45 minute rys.
2 Smeersel Meng die tamatiepuree en knoffel goed.
3 Hoenderbolaag Geur die hoender met die sout en peper. Meng die res van die hoenderbolaagbestanddele behalwe die fetakaas
3 GENOEG VIR
6 MENSE Bereiding 50 minute
Rystyd 30-45 minute Marineertyd 30 minute Braaityd 15-20 minute
(hoender), 20-25 minute
(pizza)
en tamaties saam en smeer oor die hoender. Laat minstens 30 minute marineer.
4 Braai intussen die hoender 15-20 minute oor die kole tot gaar. Verwyder die beentjies en pluis grof.
5 Breek stukke deeg af en rol rofweg in plat sirkels van sowat 3 mm dik uit; hou die grootte van jou rooster in gedagte.
6 Smeer van die smeersel oor elke pizzabasis. Pak die pizzabasisse op die rooster. Braai sowat 15 minute oor matige kole tot gaar.
7 Versprei die gaar hoender, feta en kersietamaties op die helfte van die pizzabasisse.
8 Salami-en-sampioen-bolaag Versprei die salami, sampioene, olywe en kaas op die ander helfte van die pizzabasisse.
9 Plaas al die pizzas weer op die rooster en braai 5-10 minute of tot die kase net gesmelt is. Plaas die avokado, indien gebruik, op die salami-en-sampioen-bolaag. RENIER EN TIRAN (UIT KOM ONS BRAAI,
EPISODE 12, VIA (DSTV-KANAAL 147))