Huisgenoot Beste Resepte: Braai

Mediterree­nse baba-aartappels

-

1 GEROOSTERD­E GRIEKSE SUURLEMOEN­AARTAPPELS

AARTAPPELS

2 kg middelslag-aartappels, in kwarte gesny 125 ml (½ k) olyfolie sout en peper

SOUS

250 ml (1 k) ekstrasuiw­er olyfolie

125 ml (½ k) vars

suurlemoen­sap

90 ml (6 e) gekapte

vars dille

1 suurlemoen se skil,

gerasper 24 knoffelhui­sies,

gekap

Voorverhit die oond tot 180 °C.

1 Aartappels Meng die aartappels met die olyfolie en geur met die sout en peper.

2 Versprei in ’n groot pan en oondbraai 30 minute of tot die aartappels begin sag word.

3 Sous Klits die olie, suurlemoen­sap, dille en suurlemoen­skil saam. Skep 30 ml (2 e) van die sous uit en hou eenkant.

4 Giet die res van die sous oor die aartappels en bak dit nog sowat 15 minute in die oond tot goudbruin en bros.

5 Meng die gereservee­rde sous in ’n groot mengbak met die knoffel.

6 Meng die aartappels deur die knoffelmen­gsel en sit voor.

MARIETTE EN CHRIS (UIT KOM ONS BRAAI, EPISODE 2, VIA (DSTV-KANAAL 147))

2 BABA-AARTAPPELS MET SPEK EN DILLE

30 ml (2 e) olyfolie

125 g gerookte repiespek, gekap

7 ml (1½ t) gerookte

paprika

5 ml (1 t) fyn komyn 5 ml (1 t) fyn koljander 500 g baba-aartappels,

gekook en gedreineer sout en pas gemaalde

peper

2 takkies dille, gekap

1 Verhit die olie en braai die spek tot bros. Voeg die paprika, komyn en koljander by en roerbraai nog ’n minuut.

2 Sny elke aartappel in die helfte en meng deur die spekmengse­l. Geur na smaak met die sout en peper.

3 Verwyder die aartappels van die hitte en meng die dille deur.

4 Plaas 2 velle foelie op mekaar en skep die aartappels in die middel. Vou die foelie toe om ’n pakkie te maak.

5 Plaas die aartappelp­akkie op die braaier en braai 30 minute of tot die aartappels lekker bros is.

FRANCOIS EN NIKKI (UIT KOM ONS BRAAI, EPISODE 8, VIA (DSTV-KANAAL 147))

GENOEG VIR

6 MENSE Bereiding 10 minute Gaarmaakty­d

45 minute GENOEG VIR

6 MENSE Bereiding 10 minute Braaityd 40 minute

3 MEDITERREE­NSE BABA-AARTAPPELS

300 g baba-aartappels,

gekook en gedreineer 250 g songedroog­de

tamaties, gekap

250 g ontpitte olywe,

gekap

100 g kappertjie­saad 60 ml (¼ k) olyfolie

1 Versprei die aartappels op die boom van ’n oondbak en kneus met ’n vurk.

2 Meng die res van die bestanddel­e goed en giet oor die aartappels.

3 Braai die aartappels sowat 10 minute in ’n ketelbraai oor hoë hitte tot goudbruin en bros. Roer af en toe om te keer dat dit vasbrand.

TALITHA EN TERENCE (UIT KOM ONS BRAAI, EPISODE 4, VIA (DSTV-KANAAL 147))

GENOEG VIR

6 MENSE Bereiding 10 minute Braaityd 10 minute

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa