Huisgenoot Beste Resepte: Braai

Patat met gegeurde botter

-

GENOEG VIR

1 MENS Bereiding

5 minute Gaarmaakty­d

30 minute GENOEG VIR

1 MENS Bereiding

5 minute Gaarmaakty­d

30 minute GENOEG VIR

1 MENS

1 MURGBENE

2 murgbene sout en peper na smaak

Plaas die murgbene op ’n vel foelie, geur met die sout en peper, vou toe en bak sowat 30 minute naby warm kole tot die murg gaar en sag is.

ANNEKE & ANTONIE (UIT KOM ONS BRAAI, EPISODE 8, VIA (DSTV-KANAAL 147))

2 MIELIES MET GEGEURDE BOTTER

1 mielie met (of sonder) blare gegeurde botter van jou keuse (resepte op bl. 14)

Trek die blare weg, vryf die mieliepitt­e met die gegeurde botter in, vou die blare terug, bind met tou vas en bak sowat 30 minute naby die kole tot gaar. Vou ’n mielie sonder blare in foelie toe.

3 PATAT MET GEGEURDE BOTTER

1-2 patats, in die skil gegeurde botter van jou keuse (resepte op bl. 14)

Bereiding

5 minute Gaarmaakty­d 45-60 minute

Vryf die patats met die botter in, draai in foelie toe en bak 4560 minute naby matige kole tot sag. Sny oop aan die bokant en stip met nog botter.

4 GEBAKTE KOOL

1 savojekool

125 g spekvleis, gebraai en gekap

’n bietjie botter, gemeng met 5 ml (1 t) soppoeier van jou keuse

1 Sny kepe in die kool, druk die spek daarin en smeer die kool met die bottermeng­sel.

2 Plaas die kool op ’n vel foelie, voeg ’n bietjie water by en vou toe. Bak 20 minute naby warm kole tot sag.

5 GEBAKTE UIE

1 rooi-ui in die skil gegeurde botter van jou keuse (resepte op bl. 14)

GENOEG VIR

6MENSE Bereiding 10 minute Gaarmaakty­d

20 minute GENOEG VIR

1MENS Bereiding

5 minute Gaarmaakty­d 20-30 minute

Vryf die ui met die botter in, vou in foelie toe en bak 20-30 minute naby matige kole tot sag.

6 FETAKAAS EN TAMATIES

2 groot skywe fetakaas 2-4 heel knoffelhui­sies 4-6 babatamati­es aan die rank sout en peper na smaak

GENOEG VIR 2-4 MENSE Bereiding

5 minute Gaarmaakty­d

10 minute

Plaas elke skyf kaas op ’n vel foelie. Verdeel die knoffel en tamaties tussen die kaasskywe, geur met die sout en peper en vou die foelie toe. Bak 10 minute naby matige kole tot die kaas effens gesmelt het.

 ??  ?? 1
2
3
1 2 3
 ??  ?? 4
5
6
4 5 6

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa