Huisgenoot Beste Resepte: Braai
GEE JOU BRAAI ’N INTERNASIONALE GEURTJIE
Die TV-aanbieder en voormalige Mej. Suid-Afrika Melinda Bam meen braai is ’n eg Suid-Afrikaanse tradisie en ’n geleentheid waar mense maklik bande smee terwyl hulle goeie kos, goeie vleis en goeie wyn geniet – “alles dinge wat ek met ’n goeie braai verbind!”
Sy en haar man, Adriaan Bergh, ’n voormalige Mnr. Suid-Afrika, braai graag selfs al onthaal hulle nie gaste nie, want dit skep so ’n lekker atmosfeer.
Die ding waarsonder hulle nie sommer braai nie, is hul geheime marinade. Al wat Melinda oor dié marinade verklap is dat dit by hul braaistyl en haar liefde vir Oosterse kos pas. “Ons hou graag ’n tradisionele Suid-Afrikaanse braai, maar met ’n internasionale geur,” vertel sy.