Huisgenoot Beste Resepte: Braai

2 MANIERE MET FILET GESTOPTE FILET MET FOELIEGROE­NTE

-

FILET

1 heel beesfilet

125 g streepspek, repies gehalveer sout

MARINADE

2 lourierbla­re

45 ml (3 e) vars pietersiel­ie, gekap 250 ml (1 k) rooiwynasy­n

60 ml (¼ k) olie sap van 1 suurlemoen sout en pas gemaalde swartpeper GROENTE

1ui

1 rooi soetrissie, in groot blokke gesny 1 geel soetrissie, in groot blokke gesny 250 g sampioene, gehalveer

250 g murgpampoe­ntjies, in kwarte

gesny

1 eiervrug, in blokke gesny

60 ml (¼ k) olyfolie

2-3 takkies vars tiemie, gekap sout en swartpeper

1 Filet Maak klein snytjies in die filet en stop dit met die spek.

2 Marinade Meng al die bestanddel­e in ’n groot glasbak en laat die filet 30 minute daarin marineer.

3 Braai die filet sowat 5 minute op ’n oop of in ’n toeklaproo­ster op warm kole tot die vleis alkant geseël is. Braai 15-20 minute verder hoër bo die kole tot die verlangde gaarheid (lees die wenke op bl. 10). Laat 10 minute rus. Geur met die sout.

4 Groente Plaas al die groente op ’n groot stuk aluminiumf­oelie, bedruip met die olyfolie en geur met die tiemie, sout en swartpeper. Maak die foeliepakk­ie toe en plaas dit op ’n rooster op matige kole. Braai 2025 minute tot gaar.

5 Sit die groente saam met die filet voor.

CECILIA MARAIS NORTHCLIFF, GAUTENG

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa