Huisgenoot Beste Resepte: Braai

HEEL FILET MET GUACAMOLE-VULSEL

-

STEAK

1 heel beesfilet (sowat 1 kg), hori- sontaal deurgesny, maar nie heeltemal oopgesny nie sout en peper olyfolie vir bo-oor verf

VULSEL

1 avokado, in skyfies gesny

1-2 brandrissi­es, gekap

2-3 knoffelhui­sies, gekap hand vol gekapte koljanderb­lare bietjie suurlemoen­sap en olyfolie sout en peper SMEERSEL

15 ml (1 e) tamatiepas­ta

10 ml (2 t) fyn komyn

5 ml (1 t) paprika

2 ml (½ t) brandrissi­epoeier 4 knoffelhui­sies, fyn gedruk sout en peper olyfolie om ’n pasta te maak SALSA hand vol kersietama­ties, in

kwarte gesny

1 klein rooi-ui, gekap hand vol koljander- en mentblare, gekap

1 Steak Vlek die vleis en druk dit platter met jou handpalm. Geur binne met die sout en peper.

2 Vulsel Rangskik die avokadosky­fies op die onderste helfte van die filet en sprinkel die brandrissi­e, knoffel, koljander, suurlemoen­sap, olyfolie, sout en peper oor. Vou toe en bind vas met tou.

3 Smeersel Meng al die bestanddel­e en verf oor die buitekant van die filet. Verbruin op baie warm kole tot buiteom geseël. Braai dan effens hoër tot die verlangde graad van gaarheid – liggaar: 20-30 minute, lig- tot mediumgaar: 30-40 minute. Verf gereeld nog smeersel of olyfolie oor.

4 Salsa Meng al die bestanddel­e saam.

5 Sny die filet in skywe en sit voor met die salsa, geroosterd­e tortillas en romerige jogurt gemeng met ’n knippie fyn komyn.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa