Huisgenoot Beste Resepte: Braai

VYFUUR SOGGENS BRAAI ONS BREKFIS

-

Vir Suid-Afrika se nuwe Afrikaanse sangsensas­ie Jo Black, hy met die lang baard en arms vol tatoeëerme­rke, is ’n braai nie ’n braai as daar nie beesvleis op die kole is nie.

’n Lekker kruis- of lendeskyf is presies wat die sanger met die diep stem verkies.

Wanneer dit by bykosse kom, eet hy die lekkerste aan sy vrou se braainoede­ls en knoffelbro­odjies.

Elke bobaasbraa­ier het ’n geheime braaibesta­nddeel en Jo sê hy is “stout” oor grondboont­jiebotter. Hy wil nie te veel oor sy resep verklap nie want, sê hy, “as ek vertel, is dit nie meer ’n geheim nie”. Maar hy deel tog een resep: “Jy marineer jou filet in ’n mengsel van regte botter, grondboont­jiebotter en speserye.”

Jo verkies dit om op ’n oop vuur te braai want “’n gasbraaier tel nie as braai nie.” Hy meen vuur is die een ding wat mense oor die wêreld heen fassineer. “Maak nie saak hoe jonk of oud jy is nie, almal hou daarvan om na die vlamme te staar. Dis ook die beste ysbreker in enige geselskap.”

En hoe gereeld staar hý na die vlamme van ’n braaivuurt­jie?

“Ek braai elke Vrydagogge­nd om 05:00. Ek noem dit die Be That Guy Breakfast Braai. Natuurlik braai ek ook ten minste een of twee aande in die week.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa