Huisgenoot Beste Resepte: Braai

BASTA MET BYKOS

-

Vir die man van Noot vir Noot en Musiek Roulette, Johan Stemmet, is die kenmerke van ’n lekker braai die kuier en gesellighe­id wat daarmee gepaardgaa­n.

Johan het geen erg aan bykosse nie en eet net groot, swart sampioene saam met sy vleis. “Dan geniet jy die vleissmaak en is daar nie allerhande ander smake nie.”

Sy gunsteling-vleissnit op die kole is picanha, “want dit is altyd sag en geurig.”

Hy vertel hy marineer eers die vleis: “Laat die vleissnitt­e so ’n uur voor braaityd in ’n mengsel van olyfolie, worcesters­ous, gekapte uie en blatjang lê.”

Wanneer jy die picanhaste­ak braai, moet die kole baie warm wees.

“Seël die een kant vir ’n minuut en braai dan die ander kant tot net effens gaar voor jy jou vleis weer omdraai en na jou smaak verder braai.”

Johan vertel hy hou die vleis lekker sappig deur dit heeltyd met ’n mengsel van worcesters­ous en olyfolie te verf. Hy sprinkel braaisout oor net voor hy die vleis afhaal.

Moenie dadelik weglê wanneer die sappige steak klaar gebraai is nie, sê hy.

“Laat dit eers so drie minute staan voor julle begin eet,” is sy raad.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa