Huisgenoot Beste Resepte: Braai

NIKS KOM BY NAMAKWA-SKAAP

-

Die veteraan-akteur, liedjieskr­ywer en sanger Richard van der Westhuizen meen braai is “die mees beskaafde manier van kos gaarmaak”.

Wanneer hy met sy musiekvert­onings deur die land toer, maak hy seker hy bly in ’n gastehuis waar hy saans ’n vleisie op die kole kan gooi. Hy verkies dit om nie restaurant­kos te eet terwyl hy op toer is nie.

“En wanneer ek in die Karoo is, maak dit mos net sin om by die slagter ’n draai te maak vir skaaptjopp­ies. Maar niks kom by die smaak van Namakwalan­d se skaapvleis nie.”

Hy sal weet, want hy het in dié streek grootgewor­d.

“Dit is tot vandag nog die lekkerste plek om ’n braaivleis­vuur aan te steek – in die veld tussen die blomme, saam met vriende.”

Volgens die Tussen Treinesang­er is daar ’n paar faktore wat belangrik is vir ’n suksesvoll­e braai: die plek waar jy braai, wat op die rooster is en wie saam met jou is. “En natuurlik ’n goeie bottel wyn!”

Richard het nie veel erg aan binnenshui­se braaikagge­ls nie. “Ek moet die bome en lug kan sien,” sê hy.

Hy en sy vrou, Suzanne, is baie “eenvoudige eters” en dis nie vir hulle belangrik om bakke vol bykos te maak wanneer hulle braai nie.

“Sy sal miskien ’n slaai maak en ek sal dalk ’n blikkie sousboontj­ies oopmaak.”

En watter vleis braai hy die graagste? Skaapvleis, natuurlik.

“Skaapribbe­tjie is altyd ’n wenner. Ek maak dit eenvoudig gaar met net ’n bietjie sout en peper.

“Dan kom daar ook ’n tikkie roosmaryn by wat ek sommer hier in die tuin pluk.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa