Huisgenoot Beste Resepte: Braai

SING-SING OM DIE VUUR

-

“Die vuur maak almal rustig en bring mense nader aan mekaar. Natuurlik help die glasie wyn in jou hand ook!” En dÍs waarom braai so gewild is, meen Jako Meyer, akteur en hoofsanger van die rock-groep Moses Metro Man.

Hy en sy meisie van die afgelope twee jaar, die onderwyser­es Inge-Mari Daneel, is lief vir onthaal en braai tussen twee en vyf keer per week. Hulle volg die tradisione­le roete, vertel Jako, en daarom is daar gewoonlik nie baie bykosse op die tafel nie.

“Ons hou baie van ’n aartappelg­ereg en braaibrood­jies. Op my rooster sal jy gewoonlik ’n filet of ’n hoender-flattie kry. Die lekker ding van ’n

flattie is dat hy stadig en lank moet braai, wat jou natuurlik meer drinktyd gee!”

Braai speel so ’n belangrike rol in sy lewe dat toe hy en Inge-Mari ’n jaar gelede na ’n woonstel op soek was, sy enigste vereiste ’n kuiervertr­ek met ’n binnebraai was. “Sodat ’n mens in die winter ook kan braai,” verduideli­k hy.

Jako, wat verantwoor­delik is vir onder meer die temalied van die fliek Mooirivier, vertel dat wanneer hulle onthaal, kom die kitare gewoonlik “ná ’n hele paar wyne te voorskyn en dan sing ons tot die buurman ons kom stil maak”.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa