Huisgenoot Beste Resepte: Braai

3 MANIERE MET AARTAPPELS

GEROOSTERD­E GRIEKSE SUURLEMOEN-AARTAPPELS

-

AARTAPPELS

1 kg middelslag-aartappels, in kwarte

gesny

60 ml (¼ k) olyfolie sout en peper

SOUS

125 ml (½ k) ekstra-suiwer olyfolie 60 ml (¼ k) vars suurlemoen­sap 45 ml (3 e) gekapte vars dille 1 suurlemoen se skil, gerasper 12 knoffelhui­sies, gekap Voorverhit die oond tot 180 °C.

1 Aartappels Meng die aartappels met die olyfolie en geur met die sout enpeper.

2 Versprei in ’n groot pan en oondbraai 30 minute of tot die aartappels begin sag word.

3 Sous Klits die olie, suurlemoen­sap, dille en suurlemoen­skil saam. Skep 30 ml (2 e) van die sous uit en hou eenkant. 4 Giet die res van die sous oor die aartappels en bak dit nog sowat 15 minute in die oond tot goudbruin en bros.

5 Meng die gereservee­rde sous in ’n groot mengbak met die knoffel.

6 Meng die aartappels deur die knoffelmen­gsel en sit voor.

MARIETTE EN CHRIS UIT KOM ONS BRAAI, VIA DSTVKANAAL147

 ??  ?? 1
2
3
1 2 3

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa