Huisgenoot Beste Resepte: Braai

BABA-AARTAPPELS MET SPEK EN DILLE

-

30 ml (2 e) olyfolie

125 g gerookte repiespek, gekap 7 ml (1½ t) gerookte paprika

5 ml (1 t) fyn komyn

5 ml (1 t) fyn koljander

500 g baba-aartappels, gekook en

gedreineer sout en pas gemaalde peper 2 takkies dille, gekap 1 Verhit die olie en braai die spek tot bros. Voeg die paprika, komyn en koljander by en roerbraai nog ’n minuut.

2 Sny elke aartappel in die helfte en meng deur die spekmengse­l. Geur na smaak met die sout en peper.

3 Verwyder die aartappels van die hitte en meng die dille deur.

4 Plaas 2 velle foelie op mekaar en skep die aartappels in die middel. Vou die foelie toe om ’n pakkie te maak.

5 Plaas die aartappelp­akkie op die braaier en braai 30 minute of tot die aartappels lekker bros is.

FRANCOIS EN NIKKI UIT KOM ONS BRAAI, VIA DSTVKANAAL 147

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa