Huisgenoot Beste Resepte: Braai

SPESERY-BLOMKOOL

-

Blomkool is die ideale bykos as jy koolhidrat­e probeer vermy.

1 heel blomkool sout na smaak

5 ml (1 t) heel komynsade knypie fyn kaneel en koljander

30 ml (2 e) sesamsade of 60ml(¼k)gekapte neute

olie

125 ml (½ k) growwe vars

broodkrumm­els

60 ml (¼ k) parmesaank­aas, gerasper pietersiel­ie, fyn gekap, vir

afronding

1 Geur die blomkool goed met die sout.

2 Meng die komynsade, kaneel, koljander en sesamsade of gekapte neute met genoeg olie om ’n pasta te vorm en smeer dit oor die blomkoolko­p.

3 Meng die broodkrumm­els en parmesaank­aas en rol die blomkoolko­p daarin.

4 Smeer ’n groot vel tinfoelie met olie of botter en draai die blomkool daarin toe. Plaas tussen die kole en bak sowat 40 minute tot gaar.

5 Sny in steaks, sprinkel die pietersiel­ie oor en sit voor.

In die oond Bak 40 minute teen 180 °C tot die kool net sag en die broodkrumm­els bros en bruin is.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa