Huisgenoot Beste Resepte: Braai
2MANIEREMET HEEL GROENTE
MIELIES IN SPEKBAADJIES
4 vars mielies met blare
45 ml (3 e) vars kruie van jou keuse (bv. pietersielie, tiemie of basilie), gekap sout en pas gemaalde swartpeper
30 ml (2 e) olyfolie
250 g streepspek
1 Verwyder die mielies se baard, maar nie die blare nie. Druk die blare terug.
2 Meng die kruie, sout, peper en olyfolie en giet oor die mielies.
3 Draai die spek om die mielies, vou die blare oor die spek en steek met peuselstokkies vas.
4 Braai 15-20 min. in ’n groenterooster of gewone toeklaprooster op matige kole tot gaar.
ANIA GHALPIE STELLENBOSCH, WESKAAP