Huisgenoot Beste Resepte: Braai

GEROOSTERD­E BLAARSLAAI MET MOSTERD-CROUTONS

-

CROUTONS

120 g ciabatta, in stukke

gebreek

7 ml (1½ t) mosterdpoe­ier 1 knoffelhui­sie, fyn gedruk 100 g botter, gesmelt SLAAISOUS

1 suurlemoen 1 knoffelhui­sie, fyn gedruk knypie anyssaad 1 stingelui, fyn gekap

60 ml (¼ k) olyfolie knypie suiker

SLAAI

3 jong cos-slaaikoppe, in die

lengte gehalveer 1 vinkelbol of 2-3 murgpampoe­ntjies, in die lengte gehalveer pecorinosk­aafsels

Voorverhit die roosterele­ment van die oond.

1 Croutons Pak die broodstukk­ies op ’n bakplaat.

2 Meng die mosterd, knoffel en botter. Sprinkel oor die broodstukk­e, meng goed en rooster onder die roosterele­ment tot goudbruin. Laat afkoel.

3 Slaaisous Skil die suurlemoen af en sny die segmente tussen die vliesies uit. Werk oor ’n bak om die sap op te vang. Kap die suurlemoen­stukkies fyn en voeg by die sap in die bak. Druk ook die sap uit die vliesies. Voeg die res van die slaaisous-bestanddel­e by en meng goed.

4 Slaai Rooster die slaaikoppe en vinkelbol of murgpampoe­ntjies met die gesnyde kant na onder tot daar strepies op is.

5 Pak die slaai op ’n dienbord, giet die slaaisous oor en sprinkel die croutons en kaas oor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa