Huisgenoot Beste Resepte: Braai

’N BRAAI IS NIE ’N BRAAI SONDER AARTAPPELS­LAAI

-

“Ons is lief vir kos en gesels en daar is geen beter plek daarvoor as langs die braaivleis­vuur nie,” sê die R&B-sanger Loyiso Bala.

Die sanger, wat sy talent jare gelede in die Drakensber­g-Seunskoor geslyp en al saam met internasio­nale sterre soos John Legend, Brian McKnight en Elton John opgetree het, kan hom nie ’n braai sonder tuisgemaak­te aartappels­laai voorstel nie. Pap is ook ’n gunsteling, “solank die chakalaka net nie altyd opraak nie!”

Verder geniet hy graag lamsvleis op die kole.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa