Huisgenoot Beste Resepte: Braai

LEKKERDER AS TROUKOEK

-

Die trourokont­werper en VIA-aanbieder Diaan Daniels sê ’n mens braai in geen omstandigh­ede sonder vleis van ’n goeie gehalte nie. “En ’n braai is nie ’n braai sonder lekker gemarineer­de bees- of lamsvleis en natuurlik sappige wors nie.” Hy koop graag vleis by ’n boeremark of sy plaaslike slaghuis.

Omdat Diaan ’n kreatiewe siel is, eksperimen­teer hy graag met nuwe resepte. “Ek het geen geheime resep of bestanddee­l vir braai nie. Dis vir my beter en lekkerder om elke keer iets anders te prakseer wanneer ons braai. Partykeer is dit ’n paptert. Ander kere is dit braaibrood­jies.”

Maar ’n bykos waarvoor hy nooit nee dankie sê nie, is sy ma se groenboong­ereg. “Sy maak dit met room en NikNaks – njam!”

Diaan se liefde vir braai is deur sy ouers geprikkel. “Ek is mos ’n Vrystaatse seun. Ons het so grootgewor­d. Dis in my bloed. Ek is lief vir vleis en sal nooit ’n vegetariër kan wees nie,” spot die televisies­ter.

Braai is vir hom ’n spesiale geleenthei­d. “’n Mens braai net as jy saam met vriende of familie is. ’n Mens braai nie alleen nie; dis net

 ??  ?? 2
2

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa