Huisgenoot Beste Resepte: Braai

KOOLSLAAI-WORSROL

-

SLAAISOUS

125 ml (½ k) mayonnaise van ’n goeie

gehalte

15 ml (1 e) aangemaakt­e mosterd

5 ml (1 t) Dijonmoste­rd

30 ml (2 e) heuning

KOOLSLAAI

500 ml (2 k) fyn gesnyde kopkool

125 ml (½ k) fyn gerasperde wortels 2-3 fyn gekapte stingeluie hand vol sultanas goeie hand vol pekanneute vir bo-oor

sprinkel

WORSROL

4 rogbroodro­lletjies, gehalveer

500 g boerewors

1 Slaaisous Meng al die bestanddel­e.

2 Slaai Meng al die bestanddel­e behalwe die neute en voeg die helfte van die sous by. Meng goed.

3 Worsrol Braai die wors op die kole tot gaar (aanwysings op bl. 12). Terwyl die wors gaar word kan jy die rolletjies ook vinnig oor die vuur rooster.

4 Plaas die wors in die rolletjie, skep van die koolslaai op, skep van die orige mayonnaise-sous oor en sprinkel die neute oor.

GENOEG VIR

4 MENSE Bereiding 30 minute Gaarmaakty­d

10 minute

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa