Huisgenoot Beste Resepte: Braai

CHORIZO-PASTEI MET GROEN PESTO

-

GENOEG VIR

4 MENSE Bereiding 20 minute Baktyd sowat 20 minute

1 vel skilferkor­sdeeg

15-20 ml (3-4 t) groen pesto (resep onder) of gekoopte pesto van jou keuse

8-10 skywe mozzarella­kaas,

dun gesny 4 roma-tamaties, in

skyfies gesny sout en peper paar swartolywe

1-2 chorizo-worsies, in dun

skyfies gesny basiliebla­re (opsioneel)

Voorverhit die oond tot 200 °C en smeer ’n oondpan.

1 Rol die vel deeg dunner in ’n reghoekvor­m uit. Plaas in die oondpan. Sny ’n raam van 1 cm wyd reg om die deegrand, maar moenie deursny nie. Prik die binnekant van die kors.

2 Smeer die pesto oor die deeg, pak die kaasskywe op en rangskik die tamatiesky­fies bo-op. Geur met die sout en peper en sprinkel die olywe en worsies oor.

3 Plaas in ’n toeknyproo­ster. Plaas ’n vel tinfoelie en ’n paar kole bo-op die rooster om die bokant ook effe te skroei. Rooster op taamlike warm kole tot die kors gaar is. Verwyder van die kole en sprinkel die basiliebla­re oor.

In die oond Bak die rou tert sowat 20 minute tot die deeg gaar is en die kaas gesmelt het.

 ??  ?? 2
2

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa