Huisgenoot Beste Resepte: Braai

PAN-BRUINTJIES

-

7 GENOEG VIR

8MENSE Bereiding 20 minute

Baktyd 15-20 minute

250 ml (1 k) suiker

3 eiers

250 ml (1 k) koekmeel

125 ml (½ k) kakao knippie sout

125 g botter

60 ml (¼ k) room

150 g donkersjok­olade, in stukke gebreek roomys en vars bessies vir voorsit

1 Klits die suiker en eiers saam in ’n bak.

2 Sif die meel, kakao en sout saam in ’n aparte bak.

3 Smelt die botter en room in ’n gietysterp­an, voeg die sjokolade by en roer tot gesmelt. Laat dit 5 minute afkoel.

4 Voeg die sjokoladem­engsel by die eiermengse­l en meng. Vou die meelmengse­l by.

5 Was die gietysterp­an, smeer met botter en giet die beslag in.

6 Bedek die pan met ’n dubbellaag tinfoelie. Plaas dit hoog op matige kole met ’n paar kole bo-op. Bak 15-20 minute of tot stewig maar steeds effens loperig in die middel.

7 Sit voor saam met roomys en bessies.

In die oond Bak die bruintjies in die pan teen 180 °C.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa