Huisgenoot Beste Resepte: Braai

SJOKOLADE-BRAAIPAAI

-

2 rolle (400 g) skilferkor­sdeeg

150 g mini-malvalekke­rs

135 g Aero-sjokolade, in blokkies gebreek 100 g haselneute, grof gekap

1 eier, geklits

250 ml (1 k) vars of bevrore frambose en

250 ml (1 k) geklitste room vir voorsit

Spuit ’n skoon rooster met kossproei.

1 Plaas een van die velle deeg op die koue rooster. Versprei die malvalekke­rs, sjokolade en neute oor die deeg.

2 Plaas die ander vel deeg bo-op en seël die kante met ’n vurk. Verf met die eier en knyp die rooster toe.

3 Braai 20-30 minute oor matige kole tot gaar en goudbruin aan albei kante.

4 Sny die pastei in blokke en sit voor saam met die frambose en room.

GILLIAN EN LENTINO UIT KOM ONS BRAAI, VIA DSTVKANAAL 147

6 GENOEG VIR

6MENSE Bereiding 10 minute Braaityd 20-30 minute

 ??  ?? Vervang die malvalekke­rs en sjokolade met bloukaas en groenvye en sit voor met ’n bietjie van die
vyestroop.
Vervang die malvalekke­rs en sjokolade met bloukaas en groenvye en sit voor met ’n bietjie van die vyestroop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa