Huisgenoot Beste Resepte: Braai

3 MANIERE MET BROOD EN DEEG

KANEEL BOLLETJIES MET ROOMKAAS VERSIERSEL

-

1 LEWER SOWAT 14 BOLLETJIES Bereiding 25 minute

Rystyd

30 minute

Baktyd 25-30 minute

KANEELBOLL­ETJIES

1 kg brooddeeg

60-80 ml (¼-¹⁄ ³ k) kaneelsuik­er

60 g botter

VERSIERSEL

1 bakkie (230 g) roomkaas

250 ml (1 k) versiersui­ker

30 ml (2 e) suurlemoen­sap of kaneel

Smeer ’n swartpan of swartpot.

1 Bolletjies Rol die deeg uit tot ’n dikte van sowat 1,5 cm. Sprinkel die kaneelsuik­er ruimskoots oor en stip met die botter. Rol die deeg op en sny dit in wiele van sowat 2 cm.

2 Pak die wiele plat in die voorbereid­e bak of pot en laat rys tot dubbel die volume.

3 Bedek die pot met sy deksel. Plaas die pot hoog op matige kole met ’n paar kole op die deksel Bak 25-30 minute tot dit gaar is en ’n toetspen skoon uitkom. 4 Versiersel Meng al die bestanddel­e en smeer oor die warm bolletjies. Sit louwarm voor.

In die oond Bak die poeding teen 180 °C in ’n swartpot, swartpan of oondbak.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa