Huisgenoot Beste Resepte: Braai

Gevlekte lamsboud

-

VLEIS

1 lamsboud, ontbeen en gevlek sout en peper

400 ml blatjang-en-tamatiemar­inade (resep op bl. 15) KOMKOMMERP­IEKELSLAAI

2 Israeliese komkommers, in dun

skyfies gesny

1 groot rooi-ui, in ringe gesny 80 ml (¹⁄3 k) witwynasyn

45 ml (3 e) suiker bietjie water sout en peper 1 Vleis Geur die gevlekte boud met die sout en peper en verf die marinade oor. Laat oornag marineer.

2 Verwyder die vleis uit die marinade, geur weer met sout en peper en braai 45-60 minute op matige kole. Draai dikwels en verf gereeld met die marinade. Braai tot bruin buiteom en steeds effens pienk van binne.

3 Laat 10 minute rus.

4 Slaai Plaas intussen die komkommer en ui in ’n bak. Meng die res van die bestanddel­e en giet dit oor die slaai.

5 Verhit die orige marinade tot kookpunt. Sny die boud in skyfies en sit saam met die sous en slaai voor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa